Weste se nadeleén seëninge

2011-12-26 20:08

Pres. Jacob Zuma het wéér ’n storm veroorsaak wat allerlei ontkennings en verduidelikings verg van wat hy eintlik sou bedoel het. Luidens ’n berig verlede week in Volksblad het hy gesê: “Lank gelede – voor die koms van die evangelie en godsdiens – het ons ons eie manier gehad van dinge doen.

Dit was donker tye volgens godsdienstige mense, maar ons weet in daardie tye was daar nie goed soos weeskinders en ouetehuise nie.”

Suid-Afrikaners moet dus terugkeer na die “ou manier van dinge doen” omdat die Westerse manier tot maatskaplike probleme bygedra het.

Zuma se woordvoerder, mnr. Mac Maharaj, het daarna verduidelik dat Zuma, wat in “diep Zoeloe” gepraat het, eerder na die “Westerse kultuur” verwys het, wat toe verkeerdelik as “Christendom” vertaal is.

Laat ons dit argumentsonthalwe aanvaar. As Zuma inderdaad na die Westerse kultuur verwys het, roep dit interessante gedagtes op.

Daar kan geen twyfel wees dat die koms van die Weste na Afrika ’n klomp nadele meegebring het nie.

In die vroeë 19de eeu was by minstens drie groepe in Suider-Afrika ’n vroeë moderne staatsvorming aanwesig – by die Zoeloes, die Ndebeles in Zimbabwe en die Angoni’s in Malawi.

Los familiegroepe is in ’n enkele staat onder ’n enkele heerser verenig, soortgelyk aan wat Arminius, leier van ’n Germaanse stam (die Cheruske), in die eerste jare van die Christelike jaartelling in die huidige Duitsland probeer doen het.

’n Mens sou dit ook losweg kon vergelyk met die Afrikaners se latere ontwikkeling van hul eie republieke.

Mense is van nature geneig om dit wat hulle ken as die enigste korrekte te beskou. Byvoorbeeld, toe koning Shaka vertel is van die wittes se gewoonte om mense weens oortredings toe te sluit, was hy geskok, want volgens die Zoeloekultuur was dit ’n onmenslike straf. Die Zoeloe­manier was na sy mening baie mensliker, want die skuldiges se nek is eenvoudig gebreek. Vinnig en genadig.
Daarteenoor was die eerste Westerlinge vol afsku oor die gewoonte om mense vir selfs geringe oortredings dood te maak.

Twee kulture wat mekaar nie begryp het nie. Die geskiedenis is vol sulke voorbeelde.

Wie weet waartoe dinge sou ontwikkel het as die Zoeloes, Ndebeles en Angoni’s nog 1?000 jaar natuurlik kon ontwikkel het. Maar toe kom wittes in groot getalle en breek dié ontwikkeling stomp af.

Die “ou manier van dinge doen” is kortgeknip, en swart mense moes opeens ’n vreemde manier van dinge doen as die korrekte aanvaar.

Die sielkundige trauma waarmee dit gepaardgegaan het, is uitstekend deur die swart Karibiese psigoloog Frantz Fanon beskryf: selfhaat en ’n minderwaardigheidsgevoel.

Juis Afrikaners moet dit kan begryp, want in ’n mindere mate het hulle ’n soortgelyke proses met die Engelse ver­oweraars deurgemaak.

Maar die Weste het ook talle seëninge gebring: verbeterde landboumetodes om meer kos te produseer, beter mediese sorg, infrastruktuur, onderwys en geletterdheid, ekonomiese ontwikkeling.

En mits ’n wyse gevind kan word om alle mense, ongeag ras of kultuur, daarin te laat deel, is dit nie verkeerd nie.

Feit is dat ons nou eenmaal in ’n geglobaliseerde wêreld en in die 21ste eeu leef. Niemand kan meer na die dae van Shaka en Mzilikazi terugkeer nie.

As Zuma (soos Afrikaners ook graag doen) sy mense aanmoedig om die goeie uit hul eie kultuur te verenig met die voordele van die huidige tyd, is daar niks mee verkeerd nie. Inteendeel. Maar as hy die Christendom as sodanig aangeval het, moet hy moeilikheid verwag.

Die skrywer is Media24 se korrespondent in Europa.

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.