Wat moet nog verander?

2010-07-29 21:54

’n Paar weke al loop ek met die gedagte om te sê die tyd is verby om vir wit Suid-Afrikaners te preek en te vermaan oor verandering.

Wat moet hulle nog verander? Hulle het al die politieke en sosiale veranderings gemaak waarop hul swart landgenote oor soveel jare heen aangedring het.

Maak nie saak wat die vraag was in die referendum in Maart ’92 nie, wit kiesers het geweet as die Ja-stem wen, bring hulle ’n einde aan wit beheer. Byna 67 persent het toe ja gestem.

Daardie Ja-stem was ’n merkwaardige moment. Dit het nie uit die lug geval nie. ’n Lang geskiedenis waarin wit Suid-Afrikaners vermaan, gewaarsku en gesmeek is om te verander, het dit vooraf gegaan.

Ook in die Afrikaanse gemeenskap. Volumes is al geskryf oor die rol van figure soos Bram Fischer, Beyers Naudé, Breyten Breytenbach, Frederik van Zyl Slabbert en vele ander.

Binne-in die establishment was daar mense soos proff. Johan Heyns en Ben Marais. Daar was die “Nuwe Natte” – Dawie de Villiers, Wynand Malan en Leon Wessels. Hulle was die “parlementêre vleuel” van die verligte beweging van die 60’s, 70’s en 80’s waarin die Afrikaanse koerante ’n leidende rol gespeel het – ’n rol waaraan minstens een verbitterde regse iewers my sowat een keer per week herinner.

Skel en verwyt maar. Ek het onder sommige van daardie redakteurs gewerk en die ander geken. Daar is min om oor skaam of spyt te wees. Inteendeel.

Die Afrikaanse denkleiers wat geywer het vir verandering is hoogstens skuldig daaraan dat hulle nie dringend genoeg was nie. Daar was tog nooit enige ander haalbare opsie as N.P. van Wyk Louw se “voortbestaan in geregtigheid” nie.

Vandag aanvaar die meeste wit Suid-Afrikaners die legitimiteit van die demokratiese bedeling al hou die meeste nie van die ANC nie en dink die meeste wittes die land word maar vrot regeer.

Maar dan word daar steeds vir hulle gesê hulle moet verander. Vir seker moet hulle minder rassisties wees, maar dit geld vir almal. Ook swart Suid-Afrikaners moet minder rassisties wees.

Soms word ook vir wit Suid-Afrikaners gesê hulle moet meer dankbaarheid toon omdat swart Suid-Afrikaners hulle vergewe het vir apartheid. Dalk moet hulle. Dan kan swart Suid-Afrikaners sommer groter erkenning gee aan wittes se rol om Suid-Afrika die mees gevorderde, mees moderne land in Afrika te maak.

Wittes hoor ook hulle moet meer mededeelsaam wees. Net hulle? Wat van die swart elite wat die afgelope tien jaar stinkryk gemaak is deur verpligte swart ekonomiese bemagtiging? Die SEB-rykes moet mos ook deel, of hoe?

Wittes kan nie ontken dat hulle as ’n demografiese groep steeds meer welaf is as die ander groepe nie. Maar só dra hulle as ’n groep ook die grootste belastinglas – terwyl hulle nie veel in ruil kry in die vorm van openbare dienste nie.

Ook word wittes dikwels gevra om te verander en vrywillig af te staan. Me. Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, het wit boere onlangs gewaarsku om stukke van hul plase weg te gee anders word dit weggevat, soos in Zimbabwe. Mnr. Gugile Nkwinti, haar kollega by grondsake, praat dieselfde taal

Dis asof die politieke elite dink armoede sal opgelos word as wittes se eiendom gekonfiskeer en gelyk verdeel word onder swart Suid-Afrikaners. Terwyl dit net armoede sal vererger. Soos in Zimbabwe, waar dié land se nasionale rykdom vandag op dieselfde vlak is as wat dit in 1950 was.

Soos in die begin gesê, dié rubriek stap nou al ’n paar weke saam met my. Dele daarvan was voor gister reeds geskryf.

Maar toe lees ek dié week die berigte oor die hofsaak van die Reitz-vier en onthou weer wat alles daar gebeur het.

En ek wonder skielik: Is daar nie tog iewers wit Suid-Afrikaners wat nog moet leer om anders na hul land en hul landgenote te kyk nie?

- Volksblad

Lewer kommentaar op dié storie


Dalk ja 7/30/2010 7:33:03 AM
Alles is so juis hier uitmekaar gesit... Mens bly positief teenoor almal. maar daagliks skakel jy die "Hoof" van n afdeling by Firmas wat nou deesdae in die nuwe beleid is.. Dink u werklik hulle is behulpsaam op enige gebied...9 uit 10 het n houding van: Ek sit nou in die pos...ek rus nou...en dit is wat mense so negatief maak soms...Daar is niks trots nie.. Hulle sal jou oor en oor bevestig wat hulle "Titel" is.. maar is glad nie bereid om enige energie te gebruik om n probleem op te los nie of jou selfs na iemand te verwys wat jou kan help nie.. Gaan ook na Buitelandse Sake vir n verblyf permit in Bellville...Jy sal dit self ondervind hoe word jou navrae beinvloed as jy blank is.. nou hoe bly mens positief as dit daagliks met jou gebeur? Vra maar net.....maar sal nogsteeds probeer om positief te bly. Erens moet daar n lig in die tonnel wees.
Jannie 7/30/2010 11:42:52 AM
Huh ?? ek kan my oë nie glo wat ek hier lees nie !!
willies 7/30/2010 12:42:37 PM
@ Dalk ja. Wil jy my se dat 'n blanke persoon moet 'n verblyf permit by Buitelandse Sake verkry om in Belville te kan woon? Ek dog dit is 'n Demokratiese Land waarin ons bly. Daag hulle voor die Gelykheidshof.
Frik Van Kroon 7/30/2010 10:01:04 PM
Ag siestog, sal die liberales en die vergrypers ooit genoeg kry van askuus en jammer. Die blote feit dat die manne dan nou skuldig gepleit het en 'n duisend keer jammer gesê het, sal seker nie tel nie. Hulle moes dalk erder vasgesteek het by onskuldig tot anders bewys. Ek sou nogal verbaas gewees het om te sien hoe die regsproses hulle skuldig sou bewys het, vir my was dit 'n klomp studente wat drooggemaak het en as ek luister na die kommentaar op die veelbesproke video, dan het die lydende partye maar lekker saam ge-"party" en aangesien daar nou nie juis goeie forensiesiese bewyse was van die gebeurlikhede nie, kan hulle skuldige pleite dalk die enigste rede wees waarom hulle nou skuldig is.
tth 7/31/2010 11:41:30 AM
...net nog 'n strydvraag, weet jy nie dat dit nie beantwoord kan word nie, die hele wereld wil die 'wittes' van SA verander, maar niemand kan besluit wat ons moet word nie, wat moet verander, die wereld is en sal nooit tevrede wees met enige resultaat nie, ek se al die verandering so ver het geen, maar geen nuwe 'ding' tot stand gebring nie, al wat dit op neerkom is 'n aanpassing elke nou en dan deur die 'wittes' om nog verder verneder, beroof, beskadig en verontreg te word, die 'wittes' van die RSA is die wereld se 'lekker' kommen prostituut, almal wil ons bykom vir hul plesier, en die wagwoord om ons so herhaaldelik te 'verkrag' is 'apartheid', maar net genoeg om ons more weer by te kom......ek se die 'wittes' se verandering moet wees om 'n eie bestaan, vry van al die drek wat in ons gemoed ingeforseer word, uit te werk, sy eie ding te doen, dit is ons 'wittes' se reg...ons wil nie meng met Zulus en Xosas en Arabiere en Europeers nie, ons wil net onsself wees, onsself regeer en ons deel van die son op ons eie plek geniet, wat is so moeilik te begryp hiervan...ons was eens gegroepeer in trotse republieke, totdat ons oorval is deur imperialiste met hul versugting na mag en wellus vir rykdom...die 'swartes' het nog NIKS bygedra vir enige iemand se heil in hierdie land nie en dis-kwalifiseer hulself so om enigsins iets oor die 'wittes' te besluit of te se...die basiese verskynsel van 'apartheid' SAL NOOIT OOIT VERDWYN NIE, DIE HELE WERELD PAS DIT TOE, DIT IS NATUURLIK EN NIKS MEE VERKEERD NIE, DIE VERGRYPERS VAN SUID AFRIKA MOET OOR DIT KOM DAT ONS ALMAL KAN AANBEWEEG...'verandering' word aangevuur deur die wellus na mag en geld, alle nuwe idees vir verandering en transformasie het ten doel om nog meer geld te maak en mag uit te oefen, maak nie saak deur wie nie, dit is 'n groot euwel in die wereld...'wat is al die geskryf tog werd'
Revenge DP 7/31/2010 11:30:19 PM
Hê? Die katjie se naels is uit. Glad nie so 'timid' en onderdanig soos gewoonlik nie!
Equal?? 7/31/2010 11:44:55 PM
Eintlik, hulle moet nog verander.
Daar is 'n diepgewortelde begeerte om soos jy te wees, lyk soos jy lyk, bly waar jy bly, ry wat jy ry, het wat jy het.
Dit wat die Maker hulle gegee het, is nie goed genoeg in hulle oë nie.
Ons s'n is beter en hier moet hulle nog kom.
Dat hulle na dekades nognie nie hier is nie is jou en Aaphartdheid se skuld.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-30°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-27°C Sunny. Pleasantly warm. Bfn: 4-25°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-21°C Sprinkles early. Morning clouds. Cool. PE: 10-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Service Line Manager: Mining

Gauteng - JHB North/Sandton
Master Career Consulting

Account Manager

Western Cape - Cape Town
Media24

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra Classic 160i
2009
R 185,900.00

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2008
R 135,900.00

RENAULT

Scenic II 1.6 Expression MPV
2007
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LOVEMORE PARK

House R 28 000 000

EVERTON

House R 9 500 000

PRETORIA NORTH

House R 895 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Bestel jou iriver vandag vooruit

Nou net R1599

Wanneer jy jou irivier-storie eReader bestel, sal ons 'n e-Boek koopbewys ingooi om in ons Lentekatalogus van topverkopers te gebruik. Irivier verskeep 13/9/2010. Aanbod eindig 30/9.2010

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...