Brandpunt

Waarom stilte oor Christene?

2012-01-17 22:08

Rhoda Kadalie

IN die Midde-Ooste word Christene aangeval. Nou het Nigerië tot die stryd toegetree met die militante Islamitiese organisasie Boko Haram, wat die vlamme van etno-godsdienstige konflik aanblaas.

In Egipte het 21 Koptiese Christene op 31 Desember in ’n bomontploffing gesterf nadat hulle ’n Nuwejaarsmis bygewoon het. Hoewel die regering Al-Kaïda die skuld gegee het, het plaaslike inwoners militante Moslemgroepe van die aanstigting van godsdiensgeweld beskuldig.

Met die Moslem-broederskap in beheer dreig Egipte se Arabiese Lente om in ’n Winter van Misnoeë te ontaard vir Christene en diegene wat na ’n demokratiese staat smag. In ’n land met 80 miljoen mense, 90% Moslems , voel die meerderheid hom deur die 8% Christene bedreig.

Die belhamel van die bondel, Iran, het met sy wye ervaring met die Bahais en die Koerde die presedent vir die vervolging van Christene geskep. Die Iranse owerheid het diegene in hegtenis geneem wat daarvan verdink is dat hulle mense van die Islam tot die Christendom bekeer het. Net 1% van sy bevolking word as Christene beskou, en Iran maak hul ­lewe toenemend hel. Die ondoeltreffende VN sê dat sowat die helfte van die Christene reeds uit die land gevlug het.

Met wetgewing van 2008 wat bepaal dat “alle manlike afvalliges tereggestel en alle vroulike afvalliges lewenslank in hegtenis geneem sal word”, is die kanse op oorlewing vir Christene maar skraal. Nog erger is die ajatolla Chamenei se verklaring dat huiskerke Iran se nasionale veiligheid bedreig.

Dieselfde geld Irak. Die getal Christene het van sowat 10% van die bevolking in die middel van die 20ste eeu tot 5% in 2000 en 3% (sowat 800000) in 2008 afgeneem. Tienduisende Irakse Christene het na omliggende lande uitgewyk, en die hele Joodse bevolking het padgegee.

Verdraagsaamheid jeens Christene kwyn in ’n land waar hulle langer as 2000 jaar gelewe het. Die terroristiese bloedbad van Oktober 2010 in ’n Katolieke kerk in Bagdad was ’n voortsetting van die djihad-missie om “Irakse Christene – ’n obsene nes van politeïste – uit te wis”.

Die internasionale menseregte-gemeenskap is opmerklik stil. Enigiets wat na kritiek op Moslems kan lyk, noop onder meer die Obama-regering, die Europese Unie en die Verenigde Nasies om tot aksie oor te gaan. Dit is nie die geval met Christene nie. Die vraag is: Hoekom?

Toe Basjar al-Assad van Sirië oorlog teen sy landsburgers verklaar het en duisende doodgemaak het, het die Russell-tribunaal in Kaapstad byeengekom om te oordeel of Israel ’n apartheidstaat is.

Net soos Jimmy Kruger koud gelaat is deur Steve Biko se dood, laat die vergrype in Libië, Jemen, Bahrein, Egipte en Sirië die wêreldwaghonde vir menseregte koud en stom. Hulle kan eenvoudig nie optree in ’n situasie wat nie klop met hul “Weste-versus-Ooste”-menseregte-sjabloon nie. Weens hul imperialistiese paradigma kan hulle nie optree teen menseregtevergrype wat in Arabiese en ander postkoloniale state voorkom nie.

Die globale ringkoppe is onheilspellend stil, om nie eens te praat van ons eie self­aangestelde hekwagters nie – Zwelinzima Vavi, Zackie Achmat, Ronnie Kasrils, Yasmin Sooka, emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu, professore Steven Friedman, Farid Esack en Andrew Nash, asook regter Dennis Davis en ander.

Die tirannieke onderdrukking in Moslemlande van Christene se vryheid van spraak, godsdiens en assosiasie het diesulkes se veroordeling vrygespring. Dié kuise vorm van antisemitisme rugsteun die beskouing van “die Weste teen die res”. Soos Turkye sal hulle spyt wees oor dit wat hulle nastreef. Turkye het geen invloed meer oor sy voormalige bondgenoot Sirië nie, terwyl dié sy burgers slag.)Kadalie is ’n menseregte-aktivis.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.