Brandpunt

Tuis in SA, al regeer wie ook

2011-12-15 22:21

Tim du Plessis

TOE die politieke oorgang begin het, het ouer Afrikaners soms gesê “ons begin voel soos vreemdelinge in ons eie vaderland”.

Dit het my geïrriteer. Asof jy net tuis in jou vaderland kan wees as mense wat soos jy lyk en klink die land regeer.

Vandag is ek so oud soos die destydse sangers van die klaaglied. ’n Paar van hulle is nie meer hier nie, enkeles is nog (en kla steeds een stryk deur), terwyl die res nie eintlik meer bodder nie.

Ek het nie destyds ’n vreemdeling in my eie vaderland gevoel nie en ook nie vandag nie. Die ANC sal nie besluit waar ek tuis of ontuis voel nie.

Die “tuiste” wat hulle in 17 jaar van ANC-bewind geskep het, is ’n blyplek vir bitter min – net die binneste binnekring van die ANC-elite. Waar mense met die regte politieke konneksies vrypas kry om die hulpbronne van die land en die staat straffeloos te plunder.

In daardie tuiste is dit in die haak vir ’n veroordeelde misdadiger om partytjies te hou waar ANC-vetkatte soesji eet vanaf die liggame van halfkaal vroue.

Daar is ek nie tuis nie.

Ek sal ’n vreemdeling wees in enige land met ’n regering sonder ’n krieseltjie morele gesag. Met ’n regerende party wat verrot is in sy kern, verstrengel in warboel en broedertwis en gestroop van enige vorm van sentrale idee of wekroep.

Behalwe as jy vasklouery aan mag ’n “idee” wil noem.

Midde-in die stryd teen die ANC se infowet (lees snoerwet) het ek soms redakteurs en aktiviste wat eens ANC-gesind was, hoor sê: Ons weet daar is “goeie mense” in die ANC wat nie saamstem hiermee nie. Ek het al ophou vra wie dan dié danige “goeie mense” is.

Want ek het nog geen name gehoor nie.

Dié “goeie mense” – as hulle inderdaad daar is – sal in elk geval niks uitrig solank nie-goeies die botoon voer nie.

Mense soos mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal, van wie ’n koerantredakteur vanjaar geskryf het: Hy is so “crooked” dat as hy ’n spyker insluk, sal ’n kurktrekker anderkant uitkom.

SA is bitter naby aan die kantelpunt waar korrupsie dreig om die land te verswelg. Nog selde voorheen het die land ’n kruisvaarder in die gedaante van ’n staatshoof nodig gehad om ’n bestaansbedreigende euwel teen te gaan.

Kan pres. Jacob Zuma dit doen?

Nee. Daarvoor kleef te veel smette van korrupsie aan hom. Die reuk daarvan volg hom oral waar hy gaan en hang oor alles wat hy doen.

Lord Kitchener sou ’n beter kans gestaan het as ’n kampvegter vir die regte van krygsgevangenes as wat Zuma sal hê met ’n stryd teen korrupsie.

Maar dis “Versoeningsdag” en in dié luilekker tyd van die jaar is ek regtig nie lus vir baklei nie.

Wil eintlik maar net sê: Die vaderland waarin ek tuis voel, is die een waar wit en swart Suid-Afrikaners uit alle stande en agtergronde op voetsoolvlak geduldig met mekaar oor die weg kom. Waar onderlinge wrywing nie toegesmeer word nie, maar aanvaar word as die realiteit.

In die wete dat hoe jy op ’n realiteit reageer, belangriker is as die realiteit self.

My Suid-Afrika waar ek tuis voel, is die een waar die swart dudes ’n wit ou tannie help wie se motor gebreek het. Sonder dat iemand ooit daarvan sal weet.

Dis die land waar wit gesinne wat dit nie te breed het nie, help met die skoolgeld van huishulpe se kinders.Of wat haar ná ’n leeftyd se werk help met ’n paar duisend rand om ’n aftreehuis te bekom.

Ook sonder dat iemand daarvan weet.

Jy ken meer voorbeeld hiervan as ek. En jy weet ook in dié vaderland was ons tuis toe die NP regeer het. So tuis as wat ons vandag is onder die ANC-regime.

Suid-Afrika se eiegees en karakter is blywend. Politieke partye kom en gaan.

Selfs ná 100 jaar van bestaan . . .

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.