Brandpunt

Toekoms met verrykte lywe

2012-01-31 22:01

Ferdi Greyling

VOOR Google se Android-bedryfstelsel vir selfone was ’n androïed iets uit wetenskapfiksie; ’n mengsel van mens en robot.

Daar was verwagtinge dat mense in die toekoms al hoe meer soos sulke wesens sal word namate tegnologie aangewend gaan word om ons gebreke aan te vul deur ons byvoorbeeld ’n beter geheue of sterker arms te gee.

Die ekstreme voorbeeld in wetenskapfiksie is dat ’n mens se brein (en gepaardgaande identiteit) in masjiene geplaas word en dat die mens dan só voortleef.

Dit is wetenskapfiksie, maar wetenskapfiksie het, soos selfone ons gewys het, die gewoonte om soms amper ongesiens in die werklikheid neerslag te vind.

So tien jaar gelede het ek ’n onderhoud met ’n wetenskaplike gelees wat op ’n vraag oor androïede gesê ons is rééds androïede. Haar argument was dat ons vulsels in ons tande het wat nie natuurlik daar is nie, so ook teenliggaampies in ons bloed van inentings of ingeplante lense.

Die atleet Oscar Pistorius moet sekerlik hier genoem word. Met sy kuns­­ma­tige onderbene kom sy naelloop-talent na vore. Hy neem deesdae deel teen atlete met “organiese” onderbene. Daar is ook ’n heerlike gepastheid aan sy bynaam, Blade Runner.

Blade Runner is ook die naam van een van die klassieke wetenskapfiksie-flieks oor androïede en is gegrond op een van die genre se beste boeke, Do Androids Dream of Electric Sheep deur Philip K. Dick.

Wetenskaplike ingryping in ons liggame is lank reeds ’n werklikheid en ons werk kliphard daaraan om dit meer en beter te maak sodat ons lewens langer kan word en ons lewensgehalte kan verbeter. Maar dit begin lyk of ons dalk nie in groter mate ware androïede gaan word nie.

Die biologiese revolusie wat nou dele van die wetenskap en tegnologie verander, het eerder te doen met ingryping op genetiese vlak en die gebruik van stamselle. Skape en honde is reeds gekloon.

In Kanada is varke volgens die tydskrif New Scientist geneties verander om meer fosfor uit kos te absorbeer en gevolglik minder fosfor uit te skei en dus minder landboubesoedeling te veroorsaak en salm is geneties verander om vinniger te groei en groter te word.

In Taiwan is ornamentele vissies jellievis-gene gegee wat hulle laat gloei. In die VSA is bokke geneties verander om menslike medisyne in hul melk af te skei en in Nederland werk hulle daaraan om dit met koeimelk te doen.

Wetenskaplikes werk ook daaraan om varke geneties te verander sodat die menslike liggaam hul organe nie ná oorplantings verwerp nie. (Ons gewoontes is nie net baie soos varke s’n nie, maar varke is ook biologies baie soos ons).

Elders het mediese navorsers dit reeds reg­gekry om menslike stamselle te verander om blindheid te verlig. Die selle is geplaas in die oë van twee pasiënte waar dit die bestaande retinaselle verryk het.

In Duitsland maak medici vordering om hartspierweefsel kunsmatig in die laboratorium te laat groei met die doel om dit oor te plant in harte waarvan spiere deur hartaanvalle beskadig is.

Sulke beskadigde spierweefsel herstel nie van nature nie (www.sciencedaily.com/releases/­2012/­01/120127135943.htm).

Iemand wat ek ken, het ’n beseerde knie wat hom begin pla.

Sy dokter sê hy moet eers wag met ’n kunsmatige kniegewrig, want baie navorsing word gedoen om dele van ’n knie van jou eie selle in die laboratorium te kweek en oor te plant.

Miskien raak ons nie eendag androïede nie, maar kweek ons nuwe liggaamsdele en word ons liggame verryk deur genetiese manipulasie eerder as met ingeplante meganiese hulpmiddels.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.