Brandpunt

Swart rouband vir ANC-eeufees

2012-01-09 22:34

Hussein Solomon

SÓ is Bloemfontein toe ingeval deur ’n horde ANC-ondersteuners in T-hemde wat die slagspreuk“Eenhonderd jaar van onbaatsugtige stryd” uitbasuin.

Dit was my onbenydenswaardige voorreg om ’n dialoog met van hierdie vurige ondersteuners te probeer aanknoop deur van hulle te verneem of “Onbaatsugtige stryd” ook korrupsie, nepotisme en die immerteenwoordige tenderpreneurskap behels. Toe loop ek my vas in volskeepse vyandigheid en die oortuigings van ’n ware (ANC-)gelowige.

En besluit om eerder te retireer aangesien sommiges gedreig het om hul politieke party met hand en tand te verdedig in antwoord op my godslasterlike vraag.

Hul brandende geloof in hul party het my herinner aan die eerbiedwaardige opregtheid van die Jehova-getuies wat in my prille jeug my teen wil en dank sover probeer kry het om die jongste uitgawe van hul tydskrif Wagtoring te aanvaar wat hulle my in die hand wou stop.

Maar hier eindig die ooreenkoms tussen die ANC-lede waarmee ek probeer praat het en die destydse Jehova-getuies.

Terwyl hulle my vraag en sy onderliggende implikasies heftig verwerp het, het hierdie hedendaagse dissipels na drank geruik en verbygaande vroue lustig beloer. Terwyl hulle wellustige kommentaar gelewer het oor die vroue wat kort rokke gedurf dra het.

Dit is dan waarin die party wat op beginsels en dissipline geskoei is, verval het.

Die stigting van die South African Native National Congress in 1912 was ’n deurslaggewende moment in ons land se geskiedenis. Dit het die stryd om ’n nie-rassige en demokratiese Suid-Afrika tot ’n hoër vlak gevoer.

’n Jaar ná sy stigting was die organisasie die voorloper in die veldtog teen die Bantoewet vir Grond (“Native Land Act”). Die dissipline en opoffering van die vroeë leiers is lofwaardig en dien as ’n baken van wat die ANC was, en hopelik van wat dit weer kan wees onder ’n meer etiese en beslissende leierskap.

Terwyl die ANC in ballingskap was, het hy groot voordeel getrek uit die steun van die globale beweging teen apartheid.

Vandag se ANC-leiers is gewillig om hulle te skaar by van die verfoeilikste heerskappye ter wêreld: Obiang Nguema van Ekwatoriaal-Guinee, Robert Mugabe van Zimbabwe, Iran se ajatollahs en (wyle) Broer Leier van Libië.

Terwyl die vervloë ANC sy wetmatige bestaansreg van die land se werkende massas verkry het, behandel die huidige ANC-leiers hulle met versmading.

Terwyl hulle die lydende burgers met spreuke soos “’n Beter lewe vir almal” voer, is dit die party se apparatsjieks wat ’n beter lewe geniet ten koste van die minderbevoorregtes.

Hul lippetaal gee hoog op oor demokratiese beginsels, maar die ANC-leiers ondergrawe ons demokrasie stelselmatig deur hul aanvalle op die burgerlike samelewing, die media en die regbank.

In der waarheid raak Suid-Afrika toenemend net nog ’n Derdewêreldse land waar staatsekuriteit (lees: die sekuriteit van die regime) beding word ten koste van ’n menswaardige bestaan vir elke Suid-Afrikaanse burger. Tewens, dit kan aangevoer word dat deur sy endemiese korrupsie die ANC ’n parasitiese staatsmasjien geskep het wat die party se apparatsjieks in staat stel om hulself toenemend dik te vreet uit die staatsbeursie.

Dus het ek nie die ANC se eeufees gevier nie, aangesien min oor die ANC ná 1994 die moeite werd is om te vier.

Ek moedig alle Suid-Afrikaners aan om ’n swart rouband vir die res van die jaar te dra terwyl ons ween oor die heengaan van die ANC as ’n bevrydingsparty en oor die heengaan van ons demokrasie.)Prof. Hussein Solomon is ’n senior professor in die Universiteit van die Vrystaat se departement politieke wetenskap.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.