Brandpunt

Soos in 1990 lag ons maar

2012-02-02 22:33

Danny Titus

GISTER was die 22ste herdenking van 2 Februarie 1990, die dag toe die deure vir ons demokrasie begin oopswaai het.

Oudpres. FW de Klerk se epogmakende toespraak destyds het haas almal van hul stoele laat afval. Soveel water het sedertdien in die see geloop.

In sy redaksionele kommentaar gister verwys Volksblad na die harde les wat die “onbeholpe Suid-Afrika” die afgelope week by die Afrika-Unie (AU) moes leer toe dr. Nko­sazana Dlamini-Zuma nie verkies is tot hoof van die AU-kommissie nie. Volksblad skryf “die ANC-regering het nou ook in die oë van Afrika te lank rente getrek op sy statuur as die ‘Reënboognasie’.”

Dit onderskryf hoe ver ons afgedwaal het van 2 Februarie 1990. Daarmee saam moet die ANC en die res van ons samelewing ook erken dat ons gruwelik afdwaal van die nalatenskap van oudpres. Nelson Mandela.

Wat my wel deesdae groot plesier gee, is ons vermoë om vir onsself en ons landgenote te kan lag. Ek is ’n volslae aanhanger van Trevor Noah, maar daar is ook Loyiso Gola, Riaad Moosa, Nik Rabinowitz, Marc Lottering en soveel ander.

Ek het altyd die Nederlandse satiriste so geniet, veral Youp van’t Hek. Saam met hom was ook ander wat my met skerp kommentaar op die hedendaagse politiek laat skater het.

Suid-Afrikaners soos Shimmy Isaacs styg uit bo die gewone platvloersheid en vloekery. Dit is ’n absolute fees om te sien hoe hulle die politici bykom.

Trevor Noah ontsien byvoorbeeld niemand nie in Crazy Normal, sy nuutste DVD. Hy toets die grense behoorlik, veral waar hy pres. Jacob Zuma op Facebook laat skryf: Ons prez probeer by die Amerikaanse president uitkom met sy “Dear Barack, this is Jacob.” Obama antwoord hom egter nie.

Noah spot altyd met sy rasgemengd­heid, synde afkomstig van ’n Switserse pa en ’n Xhosa-ma. Met sy “julle weet tog hoe die Switsers van sjokolade hou”, het hy Amerikaners ook onlangs op Jay Leno se The Tonight Show laat skater.

Ek geniet Noah veral wanneer hy met ons diversiteit die spot dryf. Die Indiërs loop behoorlik deur, hulle is “tog so geweldloos dat hulle niemand juis kan bang maak nie”, bruin mense met hul oordrewe storievertelkunsies, swart vroue met hul pruike wat hom nie aanstaan nie en Suid-Afrikaners oor die algemeen wat nie juis weet wat hulle sing in Nkosi Sikelel’ iAfrika nie.

’n Politikus wat met dieselfde goed probeer wegkom, sal baie sleg tweede kom. So spot Riaad Moosa met die vrees vir Moslems, veral in vliegtuie. Loyiso Gola spot iewers met bruin mense se vreemde aksente. Maar ek sit sommige hiervan op Facebook en dis nie vir almal snaaks nie. En tog, heelwat ander is dit eens: ons het dié soort komedie nodig.

Nik Rabinowitz is Xhosa baie goed magtig, maar dis sy Kaaps en begrip van die Kaapse nuanses wat sterk tot my spreek.

Dis duidelik dat hierdie komediante baie navorsing doen en hulle intensief instudeer in hul rolle. “Laugh the Beloved Country,” het iemand al gesê.

Ek herinner my aan Pieter-Dirk Uys wat destyds so met die Nasionale Party en apartheid kon spot. Tog kon sommige ministers nie van sy vertonings wegbly nie. Ek dink dit was Pik Botha wat oor Tannie Evita Bezuidenhout gesê het: “Sy het darem ’n pragtige paar bene.”

Dan wonder ek onwillekeurig hoe lank die ANC en die huidige regering die komediante se draakstekery sal duld. Zapiro se spotprente draai gereeld in die howe, al was die uitsprake oorwegend in sy guns. Vir my sal hierdie demokratiese lagbuie ons nogtans altyd terugbring na die bevryding wat ingelui is deur 2 Februarie 1990.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.