Brandpunt

Skouerkloppe, klappe vir 2011

2012-01-03 20:51

Ferdi Greyling

DIS die begin van ’n nuwe jaar, en die mense vir wie rubriekskrywers gewoonlik kwaad word, is met vakansie. Dis dus tyd om komplimente uit te deel en teleurstellings te noem van die jaar wat verby is.

Heel boaan die lys van teleurstellings is die (hopelik) voormalige Springbok-kaptein John Smit en die groepie senior spelers om hom wat volgens gerugte min of meer die Bok-span gekies het.

Hulle sal weet watter unieke geleentheid hulle verspeel het – ’n kans om geskiedenis te maak en die eerste span te word wat die Wêreldbeker twee keer op ’n streep wen. Maar dan moes Bismarck du Plessis en Francois Hougaard in die beginspan gewees het toe dit getel het.

Hulle was nie en die kans is weg.

Smit sal nou onthou word as die kaptein wat nie geweet het wanneer om op te hou en ’n beter speler sy kans te gee nie.

Tweede op die lys is mnr. Julius Malema, die ANC-jeugliga se (voorlopig geskorste) president. Malema was die afgelope jaar die lewende bewys dat rassisme nie kleur of party ken nie en dat sommige dinge in Suid-Afrika hulle herhaal, ongeag velkleur.

Hoe meer ek Malema in sy populistiese opwelling gesien het, hoe meer het ek aan die wit regses van weleer gedink.

En hoe meer die ANC in ontkenning gegaan het oor wat Malema die politikus was en is, hoe meer het ek aan die NP van weleer gedink wat lank ook aan ’n soort verlamming gely het in die aangesig van populistiese wit regses.

Dan het Malema natuurlik ook ’n ander onaangename kant gehad: hy het ook geïllustreer dat die ANC van vandag van geld en luuksheid hou.

En dat hulle dit nie as ’n slegte ding beskou nie.

Malema het hom op die einde in weersin vasgeloop, nie omdat hy wit mense beledig het en homself volgens aanduidings verryk het terwyl hy maak of hy die armes se saak bepleit nie, maar toe hy ’n gevaar geword het vir pres. Jacob Zuma se herverkiesing.

Dit was ook die jaar waarin die bloulig-brigades van kleinlike politici wat lyk of hulle ’n voorliefde vir die gewoontes van despote het, (weer) geïllustreer het wat die onvermydelike gevolge van sulke vrot padmaniere is – onskuldige belastingbetalers kry seer of sterf en die politikus wat sy kar se blou lig soos ’n hoed dra, sukkel om te verduidelik hoekom hy so dringend by punt B moes uitkom.

Die res van ons vermoed ons weet hoekom hulle die blou ligte gebruik: Omdat dit vir hulle lekker is om soos die skool-boelie voor in die ry in te druk.

Dan was daar die Aurora-groep se myne waar dit gelyk het of gierige polities gekonnekteerdes vir niks sal stop om by duur whisky en Italiaanse sportmotors uit te kom nie.

Mense soos mnre. Khulubusa Zuma en Zondwa Mandela (daai families, ja) het die myne volgens aanduidings vir eie gewin gestroop terwyl die myners maande nie betaal is nie en honger gely het.

Wat hulle van baie ander sulke trogvreters onderskei, is dat hulle nie eens probeer maak het of hulle hulle steur aan dinge soos werkskepping of ekonomiese nuttigheid nie.

Daar is heelwat soos hulle, maar hulle was in 2011 die kampioene.

Maar voordat die sinisme te sterk deurkom, daar was ook goeie en hoopvolle dinge wat suggereer dat ons dalk die toekoms nie net sal oorleef nie, maar dat dit ook beter kan gaan.

Heel boaan dié lys is die mense van Japan.

Die waardige manier waarop hulle die grootste ramp op die planeet – die aardbewing en daaropvolgende tsoenami – gehanteer het, is ’n voorbeeld vir almal.

Veral die manier waarop hulle dadelik en selfloos begin werk het om dinge weer reg te maak vir hul gemeenskap.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.