Brandpunt

SA kan Tunisië se pad loop

2012-01-16 22:30

DIE nuutste tesourie-verslag wys uit dat 66 van Suid-Afrika se 278 munisipaliteite in ’n ernstige finansiële verknorsing is en dat verskeie ander op pad soontoe is (soos Volksblad berig het).

Die verslag bied versoberende leesstof.

Sommige meen die gemors in ons munisipaliteite het ontstaan weens ’n gebrek aan tegniese kundigheid. En as dít aangevul word, sal die chaos opklaar. Die Suid-Afrikaanse vereniging van plaaslike rade (Salga) meen openbare-rekening-komitees op plaaslike vlak sal die wonderkuur vir swak staatsbestuur wees.

Ek deel nie dié vertroue nie. Wat die tesourie-verslag eintlik ontbloot, is die onderliggende siekte wat elke regeringsfaset op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak aantas, naamlik die beneweling van die skeidslyn tussen party en staat.

Te lank het die ANC sy houvas op die staatsmasjinerie misbruik om die staatsdiens op alle vlakke onder sy stelsel van “beskermheerskap” en begunstiging in te suig. Party lojaliste – veral getroues aan die dominante faksie in die party – is beloon met die vetste staatsbaantjies, ongeag hul (on)bevoegdheid.

Voorbeeld: die twee politieke aangesteldes, Jackie Selebi en Bheki Cele, wat die ANC in die pos van nasionale polisiekommissaris inge-“valskerm” het – albei met rampspoedige gevolge vir ons land.

Die eerste een is in ’n geregshof skuldig bevind, terwyl die tweede een geskors is, terwyl hy glo vir ’n gesogte ambassadeurspos gewag het.

Dié soort kader-ontplooiing in die staatsdiens pas die ANC. Só kan lojaliste beloon of die guns van beswaardes gewen word. Vir Suid-Afrika as ’n geheel bring dit verwoestende skade mee.

Met die “ontplooiing” van ANC-kaders in die staatsdiens as norm, raak staatsbestuur toenemend outoritêr. Staatsamptenare wat só aangestel is, bly verskuldig aan die ANC en nie aan die mense aan wie hulle veronderstel is om diens te lewer nie. Staatsbestuur is bysaak en staatsamptenare sit hulle teë teen openbare insae in die funksionering van hul departemente.

Dié soort vae, outoritêre staatsbestuur skep ’n teelaarde waarin korrupsie gedy.

Die korrupsie tas die lewenspeil van alle Suid-Afrikaners aan, maar die armstes word die ergste hierdeur getref.

Die soort situasie kan nie onbepaald voortduur nie, soos daaglikse protes-optogte teen swak dienslewering wys.

Die ANC moet ernstig kennis neem van verwikkelinge noord van ons grens. In Nigerië het tienduisende verlede week opgeruk strate toe om hul misnoeë oor die regime van pres. Goodluck Jonathan se skrapping van petrol-subsidie te betuig. Hulle was woedend dat hulle die gordel stywer moes trek, terwyl hoë bevoordeeldes weer voorgetrek is. Volgens die Wêreldbank eindig 80% van Nigerië se olieweelde in die sakke van 1% van die volk.

Dieselfde onverkwiklike dinamika het in Noord-Afrika die Arabiese lente ontketen. Die buitensporige maatskaplik-ekonomiese ongelykhede tussen politieke elite en gewone burgers het daartoe gelei dat die regimes van Zine el-Abidine Ben Ali in Tunisië en Hosni Mubarak in Egipte kort ná mekaar getuimel het.

Teen dié agtergrond is Suid-Afrika besonder kwesbaar. Dit is een van die mees ongelyke samelewings ter wêreld met die ongelykheidsgaping wat daagliks rek.

Khulubuse Zuma rits in sy nuwe ingevoerde motor rond, miljoene Suid-Afrikaners bekommer hulle oor die stygende prys van die paraffien waarmee hulle hul sinkhutte verlig. Kenny Kunene smul soesji van halfnaakte vroue se lywe, maar baie Suid-Afrikaners weet nie waar hul volgende maaltyd vandaan gaan kom nie.

Die ANC-slagkreet ’n Beter lewe vir almal klink besonder hol op. Suid-Afrika kan maklik die volgende Tunisië wees.

• Prof. Hussein Solomon is ’n senior professor in die Universiteit van die Vrystaat se departement politieke wetenskap.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.