Brandpunt

Politieke riller lê voor in 2012

2012-01-05 21:41

Amanda Gouws

IN die koerantwese word daar na hierdie tyd van die jaar as “komkommertyd” verwys. Dit beteken daar is min nuus, aangesien almal met feesvieringe besig is.

Dit is asof die land asem ophou en vir die aanslag van die nuwe jaar wag!

Wat hou 2012 in?

Ongelukkig is dit net ’n verposing tussen wat in die vorige jaar gebeur het en hoe dit die nuwe jaar sal beïnvloed. Wat kan ons vir 2012 te wagte wees?

Die politieke jaar begin vandeesweek met die honderdjarige viering van die ANC se bestaan.

Hierdie vieringe sal ’n goeie barometer wees van hoe die ANC te werk sal gaan om sy verskillende faksies te beheer om ’n verenigde front daar te stel.

Watter simbole sal gebruik word om die lang tog van die ANC se vryheidstryd te vereer? Watter helde sal vereer word? Of sal dit wys dat die ANC as bevrydingsorganisasie nog nie daarin geslaag het om ’n politieke party te word nie?

Jeugliga-planne

In Junie is daar die nasionale beleidskongres van die ANC in Midrand en ons kan seker wees dat die ANC-jeugliga die kwessie van die nasionalisering van myne op die agenda sal plaas.

Daar is sprake dat hy ’n wysiging tot die grondwet van die ANC wil indien om die Jeugliga meer outonoom te maak. Dit sal bydra tot die verdeling binne die ANC.

Zuma se opmars

Later in die jaar is daar die Mangaung-kongres, wat die lot van Jacob Zuma as president sal bepaal.

As die Polokwane-kongres van 2007 enigsins ’n wegwyser was, kan ons seker wees dat die faksiegevegte binne die ANC hier ’n crescendo gaan bereik.

Zuma se politieke loopbaan hang aan ’n draadjie.

Indien Julius Malema se appèl teen sy skorsing slaag, kan ons seker wees dat hy voluit sal gaan om van Zuma ontslae te raak.

Die feit dat hy onlangs tot die uitvoerende komitee van die ANC in Limpopo verkies is, wys juis dat die ANC se prosedures totaal ontoereikend is.

Al wat Malema se skorsing gedoen het, is om hom tot die provinsiale vlak te bevorder.

Zuma, aan die ander kant, is ’n slu oorlewende wat tot elke prys sal terugveg.

Vuilspel

Dit is juis op provinsiale vlak waar nuwe leierskap in die komende maande aangewys moet word, waar ons politieke vuil spel kan verwag.

Die pro- en anti-Zuma-faksies sal ons sekerlik verras met hoe laag hulle kan daal om hul eie kandidate te bevorder.

Geen visie

Wat beteken dit vir ons, die burgers van die land?

Net meer van dieselfde, met erger binnegevegte, ’n president wat geen visie het nie en ’n politieke party wat vergeet om die land te regeer terwyl sy lede volstoom werk aan die opvolgstryd, te midde van armoede en werkloosheid wat die land verswelg.

Die ANC se grootste probleem is dat hy nie tot voordeel van al die burgers van die land regeer nie, maar slegs tot voordeel van ’n selfverrykende elite, in so ’n mate dat die party bereid is om die verdeling van mag tussen die wetgewende, uitvoerende en regterlike gesag heeltemal te ondermyn.

Ons kan dankbaar wees vir die onafhanklikheid wat die regbank steeds openbaar, soos met die uitspraak in die Menzi Simelane-saak, asook die vreesloosheid van die openbare beskermer, Thuli Madonsela.

Ons gaan dit baie nodig hê in 2012.

Prof. Amanda Gouws is verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch se departement politieke wetenskap.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.