Brandpunt

Ministers moet pasop vir spatare

2012-01-23 21:34

Johann Maarman

PRES. JACOB ZUMA en sy hele kabinet behoort dringend ’n afspraak met ’n kwak te maak vir ’n roetine- mediese ondersoek. Want ’n mens wonder of die president en van sy kabinetskollegas nie al spatare in die bene ontwikkel het van al die rondritsery nie.

Of hulle moet van al die vliegtuigtrappies klim al ’n paar stewige kuite ontwikkel het. ’n Mens kan dit sommer die kabinet se eie treadmill noem, want as jy hoor, is hulle in transito.

Koekeloer net na Zuma en sy ministers se dagboeke en kyk hoeveel tyd hulle in die lug deurbring. Eintlik behoort hierdie lotjie luukse ministerskantore by die O.R. Tambo-lughawe en by Kaapstad Internasionaal te hê.

Lindiwe Sisulu, minister van verdediging en militêre veterane, kan maar Waterkloof in Pretoria en Ysterplaat in Kaapstad as basis gebruik.

Die ministerskantore in die Uniegebou in Pretoria en by Pleinstraat 120 in Kaapstad kan sommer as alternatiewe huisvesting vir kabinetslede dien. Dan hoef hulle nie miljoene rande aan herehuise en hotelverblyf te bestee nie. En dan los ons sommer tegelyk die probleem van die bloulig-boelies op, want die ministers is in die parlementêre kompleks en hoef net ’n paar vinnige treetjies te gee dan is hulle in die Nasionale Vergadering sonder dat hulle gekarwei hoef te word.

Dat meer as R10 miljoen geblaas is op ’n Airbus wat as skaduvliegtuig gebruik is vir die presidensiële straler na New York, is belaglik.

Dis nou regtig geld in die water gooi. Dit is mos nie asof ons die Wêreldbank besit nie. Die pond is nog altyd 10 keer sterker as die rand, maar soos ons ministers kerjakker, wil dit lyk asof ons oliebaronne is.

In wie se posbus beland die rekening van hierdie Airbus wat gehuur is? Vra maar ’n bietjie die posman of hy die koevertjie by Zuma in Nkandla aflewer of by Luthuli-huis in Johannesburg. Nee, dié rekening gaan aan die belastingbetaler van Suid-Afrika.

Dan is daar nóg ’n straler wat ten bedrae van R3,6 miljoen gehuur is en wat na Las Palmas in die Kanariese Eilande uitgewyk het toe hulle verneem alles is honkiedorrie met Inkwazi, Zuma se private straler, en dat hy veilig in die Groot Appel aangekom het.

Nou wat het hierdie bemanningslede van die Airbus die twee dae in Las Palmas gemaak terwyl hulle gewag het om na Suid-Afrika terug te keer? Daar is geen pyne as jy in Las Palmas ’n Bloody Mary met ’n strooitjie uit ’n kokosneut of ’n halwe pynappel suig nie, maar as dit uit die kleinkas van die belastingbetaler kom, is daar ’n probleem.

As die Britse premier, mnr. David Cameron, êrens heen moet vlieg, koop sy administrasie vir hom ’n eersteklas-vliegtuigkaartjie by British Airways. Geen tierlantyntjies nie. Wat is verkeerd dat Zuma nie van ons lugdienste gebruik kan maak nie?

Die belastingbetaler se geld is veronderstel om infrastruktuur te skep en te verbeter. Gesondheidsdienste moet verbeter word, hospitale en skole moet gebou word, en verder moet die uitsigloosheid van armes verbeter word. “Skep hoop, werk en geleenthede” staan op die kwitansie van die belastingbetaler elke keer as hy ’n tjek vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens uitskryf.

Allermins moet dit gebruik word om nefies van Zuma te verryk of om die Suid-Afrikaanse spaarvarkie oop te breek vir ANC-feesvieringe en jeugliga-kaperjolle of om prag en praal vir kabinetslede te skep.

Selfs die lotto, wat welsynsorganisasies moet help met broodnodige geld, word eerder vir ANC-projekte gebruik.

Zuma het gou gehandel om die provinsie Limpopo onder administrasie te plaas omdat daar ongemagtigde uitgawes was. Pleks dat hy eers voor sy eie deur gevee het.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.