Brandpunt

Mbeki weer verkiesbaar?

2012-01-19 22:39

Henry Jeffreys

OUDPRES. THABO MBEKI, die verworpe seun van die ANC, moet deesdae baie gevlei voel.

In 2007 het sy (misplaaste) poging om vir ’n derde termyn as die president van die ANC gekies te word, klaaglik misluk.

Hy is sonder seremonie deur die ANC – onder sy Polokwane-nemesis, mnr. Jacob Zuma – as president van die land onttroon. ’n Mens kan jou kwalik ’n meer vernederende ervaring voorstel as dit wat hom getref het.

Tog pryk sy naam skielik weer in koerantopskrifte en op lamppale.

“Kom terug, Thabo, alles is vergewe,” het een opskrif gelui.

Die filosoof-prins blyk terug en in aanvraag te wees – vir die einste twee poste waaruit hy geboender is!

Die “kom terug, Thabo”-juigkommando se stemme raak al hoe luider. Dit lyk al hoe meer na ’n veldtog om die verstote leier in Desember herkies te kry wanneer die ANC in Mangaung saamtrek om ’n nuwe hoof-leierskorps te kies.

Die vraag is egter of die sfinksagtige Mbeki hom enigsins hieraan gaan steur.

Dit is opmerklik dat hy in Suid-Afrika die laaste paar maande al hoe meer van hom laat hoor. Hy was duidelik baie gewild by die ANC se 100ste verjaardagviering verlede week in Mangaung.

Met die heengaan van die ANC-strydros Albertina Sisulu het ek in hierdie rubriek geskryf die voorraad in die ANC se leierskap-pakhuis word al hoe minder en daar is ’n nypende tekort aan verdienstelike opvolgers om die skoene van die werklik groot leiers van die afgelope 100 jaar vol te staan.

Mbeki was potensieel ’n “grote”, maar sy desperate pogings om aan die mag vas te klou, het sy rekord beklad. Werklik groot leiers – soos oudpres. Nelson Mandela – weet presies wanneer dit tyd is om te gaan.

Met die verkiesing van Zuma het die ANC boedel oorgegee aan die populiste, magsbeheptes, opportuniste en allerlei wanbestuurders en stropers van die openbare beurs en die nasionale huishouding.

Dat Zuma ’n mens van tyd tot tyd aangenaam kan verras met van sy besluite – soos in die laaste deel van verlede jaar – maak hom steeds nie ’n groot leier nie.

Aangename mens wat hy is, bly dit sy basiese probleem dat hy nie oor die visie, intellektuele diepgang of bestuursvaardighede beskik om ’n komplekse land soos Suid-Afrika te lei nie.

Dieselfde is dikwels van Madiba gesê, terwyl Mbeki bewys het dat intellektuele diepgang iemand nie noodwendig ’n goeie leier maak nie.

Madiba het daardie “iets” wat hom ’n vlak of twaalf bo ons gewone plebs plaas. Mbeki het ’n bietjie daarvan gehad, maar het dit verkwansel. Zuma het hope charisma, maar niks meer nie.

En helaas, daar is niemand onder die huidige ANC-leierskorps wat lyk of hy daardie “iets” het nie.

Uit desperaatheid word dus nou weer na die filosoof-prins gekyk.

Dit sê baie meer van die ANC en Zuma se bankrotskap as van Mbeki se geskiktheid vir ’n tweede hap aan die presiden­siële appel – om nie te praat van die wys­heid daarvan nie.

Die “kom terug, Thabo”-geraas is sprekend van twee dinge. Eerstens, Zuma is waarskynlik kwesbaarder as wat hy vermoed. Tweedens, dit toon ’n gebrek aan deur-en-deur-vertroue in die ander senior leiers soos mnre. Kgalema Motlanthe, Mathews Phosa en Tokyo Sexwale vir die top-pos.

Wat staan Mbeki te doen? Dit moet heerlik wees om ná al die vernedering weer in aanvraag te wees. Niemand sal hom kwalik neem sou hy, soos ’n mot met ’n winkende kersvlam, in die versoeking beland nie. Maar dan weet ons mos wat met motte gebeur wat nie versoekings kan weerstaan nie...)Jeffreys is ’n onafhanklike politieke kommentator.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.