Brandpunt

Eensydigheid só weggebeitel

2012-02-01 23:01

Leopold Scholtz

DINSDAG was daar groot herdenkings in Duitsland, veral in Berlyn en die naburige Potsdam.

In Potsdam staan die wêreldbekende somerpaleis van Frederik die Grote van Pruise, Schloss Sans Souci, waar hy ook begrawe lê. Die feeste was na aanleiding van Frederik se geboorte 300 jaar gelede.

En as mense dink die geskiedenis gaan net oor dinge wat verby en begrawe is, het hulle dit mis, want Frederik is ’n tipiese voorbeeld van hoe die verlede steeds voortleef en die hede bepaal.

Frederik was die vors wat die arm vorstedom Pruise in ’n groot moondheid omgeskep het.

Daarmee het hy die fondament gelê waarop Otto von Bismarck dit ’n eeu of wat later kon regkry dat Pruise die res van Duitsland insluk om die Duitse keiserryk – die oupa van die huidige Bonds­republiek Duitsland – te vorm.

In die eeue ná sy dood het Frederik verskillende gestaltes in die Duitse openbare bewussyn aangeneem.

In die keiserryk (1871-1918) is hy geroem vanweë sy militêre talente en die wyse waarop hy oorlog en geweld gebruik het om Pruise se invloed te vergroot.

Dié soort verering het in die Nazi-tyd (1933-1945) ’n groteske hoogtepunt bereik.

Adolf Hitler het deurgaans ’n portret van Frederik by hom gehad.

Tot op die laaste, selfs toe Berlyn in 1945 rondom hom in vuur en as verteer is, het hy vasgeklou aan die waanidee dat hy, soos Frederik in dié se oorlog met Rusland, wonderbaarlik aan ’n nederlaag sou ontsnap.

Net enkele weke voor die finale ondergang nog is duisende Duitse infanteriste uit die frontlinie gehaal om as figurante vir ’n rolprent oor Frederik te dien. Hy is as ’n soort prototipe van Hitler beskou.

Ná 1945 het die Duitsers die skuld gekry vir byna alles wat ooit in die wêreldgeskiedenis skeefgeloop het.

Allengs het ’n openbare skuldgevoel gegroei wat vir niks geskrik het nie en Frederik was die slagoffer; hy was die boosdoener wat Pruise en Duitsland in ’n verkeerde rigting gelei het.

Kyk net, Hitler en die Nazi’s het hom vereer, is gesê, en dus was hy naas Hitler die versinnebeelding van die boosheid in die Duitse karakter. ’n Klassieke geval van selfhaat, byna soos by sommige Afrikaners ná 1994.

Die eerste sprake van ’n rehabilitasie het uit ’n verrassende oord gekom: die Oos-Duitsland van Erich Honecker. In die 1980’s het Honecker agtergekom die mense loop nie oor van liefde vir sy diktatuur nie en toe gesoek na metodes om groter aanvaarding op voetsoolvlak te kry.

Iemand ontdek toe dat Frederik die Grote nie net ’n krygsman was nie, maar ook ’n verligte heerser wat sy onderdane se lot aktief verbeter het, ’n filosoof wat goed bevriend met Voltaire was, ’n kultuurliefhebber en kranige komponis en fluitspeler.

En siedaar, die koning is omgesmee tot vriend van die arbeidersklas.

Honecker het selfs die bekende ruiterstandbeeld deur Christian Daniel Rauch (1851) in die statige straat Unter den Linden in die sentrum van Berlyn laat heroprig.

Toe val die Muur in 1989 en word Duitsland in 1990 herenig.

En sedertdien het ’n leërskare boeke en artikels oor Frederik verskyn wat ’n baie genuanseerde beeld van hom gee – sinies en verbitterd, brute magspolitikus, skitterende veldheer (wat steeds nie in sy guns tel nie), verligte monarg wat sy tyd ver vooruit was, noem maar op.

So kan gesien word hoe ’n gemeenskap se beeld van die verlede ontwikkel en veelkantiger word. Die eensydighede word ten gunste van nuanses weggeslyp.

Helaas, in Suid-Afrika word diegene wat genuanseerd na ons eie verlede wil kyk steeds verketter. Wanneer sal dit verander?

Dr. Leopold Scholtz is Media24 se korrespondent in Europa.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.