Brandpunt

Dis die politiek van bymotiewe

2012-01-26 22:50

Tim du Plessis

’N VREEMDE stilte heers ná die skoot wat die Tshwane-burgemeester laat verlede jaar oor die boeg gevuur het oor die pleknaam Pretoria.

Mnr. Kgosientso Ramokgopa het in November aangekondig die ANC sál die naam Pretoria in 2012 in die ban doen, maar dit sal “sensitief” gedoen word.

Seker so “sensitief” soos die gedwonge verskuiwings onder apartheid.

Dis nie moeilik om te verstaan hoekom Pretoria, uit die bloute, weer ’n kwessie gemaak is nie.

Aanvanklik het ek gedink dis maar net nog ’n uitbarsting van die ANC se chroniese wrokkigheid jeens alles Afrikaans.

Maar dit is nie. Dis die politiek van bymotiewe. Wanneer politici een ding doen in die hoop dit sal ’n effek op ’n ander plek hê.

Dis nie noodwendig altyd kwaadaardig nie. In 1982 het premier Margaret Thatcher die Falklands-oorlog teen Argentinië ontketen.

Die redding van die sowat 1 500 Britse onderdane op die nuttelose, afgeleë eiland wat die Argentyne ingeneem het, was die verste van haar gemoed toe sy oorlog verklaar. Nee, sy het daardie oorlog gesien en aangegryp as ’n godgegewe geleentheid om haar beeld as sterkvrou te vestig – in Brittanje en daarbuite.

Want kort ná die Falklands-sege het Thatcher Brittanje se destruktiewe vakbonde gepak en beslissend verslaan.

Daarna het sy en oudpres. Ronald Reagan van die VSA in voorsitterstoele op die wêreldverhoog gesit en kyk hoe die eens gevreesde Sowjet-ryk intuimel. Ystervrou vir altyd – danksy die Falklands-oorlog.

Ramokgopa se aanslag op Pretoria se stadsnaam is ’n kwaadaardige weergawe van dieselfde politiek met bymotiewe. Dit het niks te doen met die twak dat Pretoria die “bastion” van apartheid was nie. Dit gaan eerder oor die verterende faksiegevegte in die ANC.

En natuurlik om die aandag af te trek van die nare werklikheid dat Tshwane/Pretoria eintlik maar vrot regeer word.

Begroot ruimskoots om vanjaar baie daarvan te sien. Die leë drankbottels ná die groot paartie in Mangaung is nog nie eens weggesmyt nie en hulle het mekaar reeds aan die strotte beet.

Wat beter dan as die politiek van bymotiewe om die fokus van die faksiegevegte af te trek... en tog net iets te kry waaroor hulle mekaar nié verskeur nie.

Niks en niemand sal ontsien word nie.

Moontlike teikens: Afrikaanse plekname, Afrikaanse skole en universiteite (wat van hulle oor is), die wit boere, “ongetransformeerde” sportliggame, die sakesektor, “coconuts” en “Westerse imperialisme”. Hulle gaan almal bygedam word, soos ’n verslete skoolboelie doen wat weet sy skrikbewind wankel.

Ramokgopa moet maar kom met sy fatwa oor Pretoria. Twee jaar voor die volgende verkiesing gaan hy ’n anti-ANC-front in Pretoria in die lewe bring wat sy gal vir hom sal werk.

Dink net hoe die opportunistiese AfriForum gaan baljaar, die rande laat inrol en die lidmaatskap opjaag.

Die VF+ sal ’n broodnodige reddingsboei kry en die DA ’n geleentheid om weer “to bond” met Afrikaanse kiesers.

Om van die media nie te praat nie.

Koerante is altyd op die uitkyk vir ’n saak, ’n veldtog wat hulle kan opneem, wat lesers saamsnoer en verenig rondom die koerant. Hulle noem dit goeie besigheid.

En ingeval iemand nog dink mooipraat met die ANC is beter as verset: Daardie tyd is verby. Magsug voer nou die botoon in die ANC; nie nasiebou nie. Om Kerkplein Pretoria se Tahrir-plein te maak, is ál opsie nou.

Ja, die ANC hét die getalle om die ding deur te moker.

Nes Brittanje die middele gehad het om die Boere ’n nederlaag toe te dien in die Tweede Vryheidsoorlog – een wat oor dekades heen Suid-Afrika se politiek dramaties beïnvloed het.

Want jy kan ’n veldslag wen, maar ’n oorlog verloor...

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.