Brandpunt

Die onding van ekstremisme

2012-01-02 21:12

Leopold Scholtz

DIT het waarskynlik nog nooit in die geskiedenis gebeur dat ’n skaam, agtjarige skoolmeisietjie met ’n bril en ’n poniestert wêreldwyd soveel aandag getrek het nie.

Tog het dit gebeur met Naama Margolese van Beit Hemesh, wes van Jerusalem. Omdat sy die katalisator was waardeur die morele verwerplikheid van ekstremisme – énige ekstremisme – aan die kaak gestel is. Naama loop daagliks van haar ouerhuis skool toe en terug. Totdat sy op ’n dag in trane weier om weer te gaan.

’n Groep ultra-ortodokse Jode skel haar uit, spoeg selfs op haar omdat sy in hul oë nie “kuis geklee” is nie.

Sy dra dieselfde soort gewone klere as tienduisende meisietjies van haar ouderdom in Suid-Afrika. Maar die Joodse religieuse ekstremiste eis dat sy van kop tot tone bedek moet wees.

Die ortodokse ekstremiste in Israel is aan die opruk. In stadswyke waar baie van hulle woon, dwing hulle byvoorbeeld vroue om ágter in die bus te gaan sit. Toe ’n vrou onlangs weier, het dit selfs tot geweld gelei.

Ortodoks-ekstremistiese soldate weier om saam met vroulike soldate te dien.

Naama se lot word nie hier opgehaal om anti-godsdienstiges se agenda te dien nie. Inteendeel, godsdiens kan ’n onvervangbare positiewe rol in die samelewing speel, mits dit met nederigheid en verdraagsaamheid geskied – soos die Man van Nasaret ons geleer het.

Wat met Naama gebeur het, word ook nie gebruik om te wys hoe sleg die Israeli’s is nie. Inteendeel, die ortodokse ekstremiste vorm slegs sowat 10% van die land se bevolking, en selfs die konserwatiewe regering van premier Binyamin Netanyahu het die ekstremiste se gedrag afgekeur.

Die probleem is dat die ekstremiste se invloed veel groter is as wat hul getalle regverdig. Die politieke magsverhoudinge in die parlement is op ’n naaldpunt gebalanseer, en die ortodokse partye se steun is onontbeerlik as enige koalisieregering wil oorleef.

Dit beteken dat toegewings aan hulle gedoen word wat in geen gewone demokratiese staat denkbaar sou wees nie.

Ook tree die ekstremistiese ortodokse Jode (onder wie uiteenlopende en wedersyds opponerende groepe voorkom) steeds meer op soos die ekstremistiese, fundamentalistiese Moslems in Iran, Saoedi-Arabië en elders.

Vroue word as minderwaardig en in beginsel sleg beskou. Om ’n vrou se arms te sien, meen sommige ekstremistiese Moslems, kan by ’n man ’n spontane saaduitstorting veroorsaak. Wat beteken sy is die werktuig van Satan wat so ver moontlik weggesteek en toegesluit moet word.

Ook in Suid-Afrika is genoeg ekstremiste. Min van hulle is weliswaar religieuse ekstremiste, die meeste is eerder politiek georiënteer.

Soos die ANC-jeugliga, wat pas skoon uitasem van verdriet was oor die heengaan van waarskynlik die wreedste diktator van die 21ste eeu, Kim Jong-il van Noord-Korea. Wie se voorbeeld Mal Bob Mugabe is, die man wat Zimbabwe van sy welvaart gestroop en in ’n dal van diepe ellende gestort het.

Maak nie saak nie. Óns wéét wat die waarheid is. Enigiemand wat anders dink, is óf van sy sinne beroof óf het ’n bose agenda. Hoe ook al, sulke mense moet met vuur en swaard bestry word – en as Juju ooit politieke mag kry, sal die skrywer van ’n rubriek soos dié net een paadjie ken – tronk toe.

Aan die regterkant van die politieke spektrum is ’n klomp ekstremiste wat onder die verwarde indruk verkeer dat die hoeveelheid desibels wat hulle met hul luidrugtige geskel voortbring, eweredig toeneem met die krag van hul logika.

Ekstremisme is ’n onding. Vra maar vir Naama.

Die skrywer is Media24 se korrespondent in Europa.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.