Brandpunt

Broekiepreneurs en vroetelpa’s

2012-01-30 21:44

Amanda Gouws

ONS woordeskat het ’n nuwe woord bygekry – pantypreneur (broekiepreneur in Afrikaans).

’n Broekiepreneur is ’n jong vrou wat haar skamel geklede liggaam ten toon stel waar mans met politieke mag byeenkom, in die hoop dat hul (die vroue se) seksuele gunste hulle sal laat deel in die mag en die geld wat by hierdie geleenthede maar net te vryelik beskikbaar is.

Op die ANC se honderdjarige vieringe in Bloemfontein was daar blykbaar hordes broekiepreneurs – oral waar politici, en veral ANC-Jeugligaleiers, uitgehang het.

Die kwessie van transaksionele seks is iets wat almal wat die welsyn van die nasie op prys stel, behoort te ontstel en te bekommer. Dit het diep gesetel geraak in Suid-Afrikaanse gemeenskappe, waar skoolmeisies seksuele gunste vir luukses soos selfone verruil.

Twee gevolge van hierdie ruiltransaksies is ongewenste swangerskappe en die oordrag van MIV/vigs. Die statistieke oor swangerskappe onder ongehude tieners is skrikwekkend. In 2010 het meer as 70 000 meisies onder die ouderdom van 18 in openbare klinieke geboorte gegee, en 24% was MIV-positief.

Die jaarlikse voorgeboorte-opname het gewys dat, uit die proefgroep van 6292 meisies, slegs 282 seksmaats gehad het wat jonger as 19 was (City Press, 15.01).

Zinhle Mapumulo skryf (City Press, 15.01) dat hierdie jong meisies na hul vroetelpappies as die “minister van finansies”, ensovoorts, verwys. Dié mans laai die meisies in luukse-motors op en laai hulle by die skool af.

Hulle neem die meisies en hul maats op uitstappies en koop vir hulle selfone en lugtyd sodat hulle te alle tye opgespoor kan word.

Die hele woonbuurt is hiervan bewus, selfs die vroetelpappie se vrou, maar niemand doen iets daaraan nie.

In KwaZulu-Natal het die provinsiale departement van gesondheid die Sugar Daddy-veldtog van stapel gestuur om die probleem te probeer hokslaan, weens die hoë persentasie tienerswangerskappe in die streek. In 2010 was dit 16 940.

Die landelike gebied KwaHlabisa is gekies vir die veldtog, omdat die geld-vir-seks-verskynsel groter op die platteland as in die stede is. In KwaHlabisa is 70% van die inwoners onder 29 jaar oud, en 80% leef onder die armoedsgrens. Slegs 12% van die inwoners het werk.

In die meeste van die seksuele kruisgenerasie-verhoudings is die meisies onder die ouderdom van 20 jaar en die seksmaats minstens 10 jaar ouer.

Die departement het 800 advertensieborde regoor die provinsie opgesit om meisies teen die gevare van vroetelpappies te waarsku.

Seksuele omgang met mense onder die ouderdom van 16 is in Suid-Afrika statutêre verkragting.

Dit beteken al was dit seks met instemming, is dit nog steeds verkragting, omdat kinders nie bevoeg is om instemming te verleen totdat hulle 16 jaar oud is nie.

Ons moet dus aanvaar dat die vroetelpappies nie die reg ken nie, of dat hulle nie daarvoor omgee nie.

Hoekom word van hierdie mans nie vervolg nie? Hulle aanvaar blykbaar geen verantwoordelikheid vir veilige seks, swangerskappe of vir die babas ná geboorte nie.

Watter voorbeeld stel ons politici wat maar te gretig is om die broekiepreneurs te paradeer en hulle as metgeselle voor te hou? Watter bewustheid word deur vroulike politici gekweek dat hierdie gedrag van jong vroue onaanvaarbaar en gevaarlik is, siende dat daar blykbaar nie van manlike politici verwag kan word om dit te doen nie?

Blykbaar word geslagsgelykheid verkry deur jou pad na bo oop te slaap.)Prof. Amanda Gouws is verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se departement van politieke wetenskap.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.