Brandpunt

Al is ’n kalkoen hoe taai...

2011-12-29 21:23

ROBERT GABRIEL MUGABE is een van daai politieke kalkoene wat nie volgende jaar Krismis moet sien nie.

Hoe gouer hierdie ou kalkoen in die braaipan op die stoof beland met die hitte op ’n stewige 180 grade Celsius gedraai – gewoonlik die voorgeskrewe hitte in resepteboeke – des te beter.

Nadat Ben Freeth, ’n Zimbabwiese boer, se roerende Mugabe en die Wit Afrikaan uiteindelik in my Kerskous gestop is, moet ’n mens die skof van ’n olifant en ’n hart van klip hê om nie aangegryp te word deur die Zim-Führer se erge magsvergrype nie.

Hoe dokter jy die smart van ’n land soos Zimbabwe? ’n Land waarvan die kers al hoe flouer skyn. Waarvan omtrent nog net die pit oor is. Waar trane en smart daagliks saam met ontbyt, middagete en aandete opgeskep word.

’n Land dik gemarineer in hongersnood, ongeregtigheid en verdrukking.

Daar is niks subversiefs daaraan om te vra dat hierdie Führer met die ai-foei-tog-snorretjie en die dikraambril verkas na Maleisië nie. Dis mos in hierdie Oosterse land waar hy peperduur herehuise besit. Sy jong blaar, Grace, sal dit soos ’n handskoen pas, want dan kan sy op haar gemak inkopies in Hongkong gaan doen om haar skoenekaste met Louis Vuitton, Jimmy Choo en Gucci aan te vul.

Om R30000 vir ’n paar skoene op te dok is banaal – veral in ’n land soos Zimbabwe, waar ’n onderwyser ’n skamele R760 per maand verdien. Die waarde van die voetgoed van die Führer se vrou kan vir ’n hele paar honderd Zimbabwiërs ’n brood of twee koop.

Dan het ons nog nie by die rokke en jasse van miesies Grace gekom nie. Dit kan maklik nóg ’n paar honderd Zimbabwiërs van mieliemeel voorsien.

Freeth vertel hoe boere se haksenings in Mugabe se viktimisasie-program afgesny is. Hoe hul beeste gebuit is, die geil gerwe koring aan die brand gesteek is, die tabakplante uitgekap is, hoe lojale aanhangers (vryheidsvegters) van Mugabe carte blanche gehad het om wit boere van hul plase te verjaag, hoe vroue verkrag is en hoe selfs katte en honde op die plaaswerf nie die vergeldingsaanvalle van die besetters vrygespring het nie.

Skop-skiet-en-donder-politiek.

Mugabe het die woord mabhunu gebruik (’n rassistiese woord vir wit boere).

“Die enigste taal wat die mabhunu verstaan, is die taal van die geweer. Hoe meer jy doodmaak, hoe nader kom jy aan die doelwit. Ons sal hulle heeltemal vermorsel,” was sy eerste oorlogsverklaring.

Net hier skree die politieke alarmstelsel. Julius Malema sing dan van dieselfde bladmusiek – Dubul’ ibhunu klink en ruik pure Mugabe. Julius se grondhervormingsgeluide het presies dieselfde argitektuur as Mugabe s’n. Vat wit boere se grond voor die voet en gee die kaart en transport summier aan die armes.

Mugabe het die myne genasionaliseer. Ons weet hoe werk Julius se kop hieroor.

Ons politici doen klandestien dieselfde as dit wat Grace Mugabe doen. Hulle is ook ywerige verkwisters van staatsgeld. Luukse motors, duur hotelverblyf, herehuise vir ministers, besigheidsvliegtuigkaartjies sodat ’n minister sy stoute nonnatjie in ’n oorsese tronk kan besoek.

Ons vervang die Jimmy Choos net deur platinum-kredietkaarte.

Mugabe sal nie vir ewig regeer nie. Zuma ook nie. Die ANC ook nie. Al sê pres. Jacob Zuma ook wat.

Zine El Abidine Ben Ali, kol. Moeammar Ghaddafi en Hosni Moebarak was net sulke taai kalkoene. Wat geglo het hulle is onstuitbaar en onoorwinlik.

Maar op die ou einde was hulle soos die kalkoen wat nie Krismis gesien het nie.

Johann Maarman is ’n senior as­sis­tent­redak­teur van Die Burger.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.