Aktiewe burgers is beste wapen

2011-12-22 21:10

 

Suid-Afrikaanse politici het nog baie om te leer, en daar is geen beter vertrekpunt as die grondbeginsels wat in die Grondwet vervat is nie.

 As ons van ons kinders verwag om uit die lesse van die verlede te leer, waarom kan die politici nie ’n opknappingskursus kry in die reis van apartheid na demokrasie nie?

Ons sal heelwat minder litigasie en hofsake hê as politici en diegene in die uitvoerende gesag die Grondwet verstaan en sy voorskrifte volg eerder as om dit aan te val.

Diegene wat die ANC uitkryt dat hy “uitverkoop” het deur te veel toegewings in die aanloop tot die demokratiese bestel te maak, beledig die integriteit van Nelson Mandela en die duisende comrades, wit en swart, deur wie se sweet en bloed die Grondwet geskryf is.

Die bevordering van respek vir die Grondwet behoort deel van die werksomskrywing van elke staatsamptenaar te wees.

Hoe anders kan ons respek vir die oppergesag van die reg, ’n nasie van patriotte en ’n verenigde identiteit kweek?

Die versoeningsgesprekke toe die apartheidsregime met die ANC-alliansie en talle ander partye om die tafel gaan sit het om ’n padkaart vir ’n demokratiese toekoms te skep, was ’n spesiale tydperk.

Geswore vyande het deur gesprekvoering die land van die randjie van die afgrond weggekeer en die “reënboognasie” help skep. Toegewings was noodsaaklik.

Ons wat daar was, weet dit was geen maklike staptog na vryheid nie.

Die winste wat hard beding is, mag nie nou ligtelik afgemaak word nie.

Dit is boonop absurd dat een van die partye wat ’n ooreenkoms oor ’n grondwet bereik het, dit enkele jare afskiet as een van die hoofoorsake van die gebrek aan transformasie.

Dit is presies wat Ngoako Ramatlhodi, ’n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, en ander senior ANC-lede die laaste tyd gedoen het.

’n Aanval op die Grondwet is ’n aanval op die hart van dit waarvoor ons geveg het.

Die Grondwet stel dit duidelik dat maatskaplike gelykheid – die reg op onderwys asook gesondheids-, welsyn- en basiese dienste – bevorder moet word.

Die ANC het nie uitverkoop nie.

As senior leiers in die ANC vandag ’n sondebok vir hul mislukkings soek, moet hulle dit elders soek – en sommer in die regering begin waar sommige “magte van verandering” ’n teleurstelling is.

Politici moenie hulself probeer verontskuldig dat sekere goed wat in die raamwerk en gees van die Grondwet vervat is, nie verwesenlik is nie.

Die skuld vir te stadige verandering moet gegee word aan ons leiers wat nie hul visie binne die raamwerk van die Grondwet gestalte kon gee nie.

Wat ons vandag beleef, het in ons wagbeurt gebeur.

Dit is ’n wekroep om van rat te verwissel voordat dit te laat is.

Wat my nog meer bekommer, is die onbehoorlike haas waarmee die ANC die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting deur die parlement gedryf het.

Dit is nie ’n stryd tussen die media en die staat nie, maar een wat die grondwetlike regte van die land se burgers bedreig.

In tye soos hierdie moet ons na ons grondleggers terugkeer en verstaan waarom ons die Grondwet moet verdedig.

Ek besef nou ons beste wapen is ’n aktiewe burgery.

Ons moet woedend wees oor korrupsie en ondoeltreffende dienslewering.

Ons het immers ons regte deur ’n moeilike stryd gekry.

My boodskap aan alle Suid-Afrikaners is: Beveg enige poging om die geskiedenis te herskryf, veral as ’n aanval op die Grondwet die toekoms negatief kan raak.

Die beskerming van ons toekoms is elkeen se plig.

 Ons het daarvoor geveg en ons is dit aan ons kinders verskuldig.
)?Dié rubriek deur mnr. Naidoo, ’n voormalige ANC-kabinetsminister, het eers in City Press verskyn.

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.