Vuur, water en witwarm dansers

2011-11-03 22:16

EK moet sê die gewone Jan Rap soos ek was lekker geamuseerd, maar ook heimlik vrek verlig toe Moses “Che” Malemema sy volk met sy swart baret uit die verdrukking van die farao’s wou lei en daar na al sy gesukkel net ’n paar duisend siele opdaag.

Omtrent so twee groterige hoërskole.

Natuurlik het hy die fout gemaak om sy volk uit die land van oorvloed, Mercedesse, BMW’s, Jaguars en die Curriebeker deur die Jukskeirivier én die Sesmyl­spruit te lei na ’n land van bakkies, staatsamptenare en bekerdroogte.

Oom Kas sê hy weet rêrig nie waaroor die hele bohaai met die optog gegaan het nie. “Dié mannetjie is nie getroud nie anders sou hy geweet het jy kan nie eers ’n vrou se beurs oorvat nie, wat nog te sê die effektebeurs en hy’t mos net gesê hy wil myne oorvat, nie joune nie.

“Nee wat, as hy soos ’n Leeu wil brul, sal hy eers moet baard groei en moet fiks kom dat hy volgende keer die Long Talk to Freedom te voet kan aflê en nie agter op ’n bakkie en in ’n lugverkoelde Vito sit en KFC pleks van manna en kwartels eet nie!”

Dik Daan reken Malenema en sy manne kan maar enige tyd 80% van al sý grond kry.

Dis nou sy grasperk, sy groentetuin, oprit, motorhuis en selfs sy huis – mits Moses dan asseblief die Blapsa-verband ook oorvat en net vir Daan en sy ander helftetjie die tuinwoonstel en vruggebruik op sy kroeg sal gee.

Daan is natuurlik dik de duiwel in dat hy nie met die sensus getel is nie. En dit nadat hy selfs van Saterdagoggend’nVierkleur voor sy huis gehang het om aandag te trek. “Daar’s mos nou kastig 7 miljard mense in die wêreld maar dit moet dan mos eintlik 7 miljard plus 2 wees,” kla hy.

“En hoe de duiwel die regering aanspraak daarop kan maak dat hulle 99% van ons getel het as hulle nie eers weet hoeveel ons is nie, gaan my verstand te bowe.”

Ja-nee, ek moet sê daai som laat my baie dink aan die ou storie van die student wat nul vir ’n toets gekry het en toe by die proffie wou weet of dit nul uit tien of nul uit honderd is.

Só, antwoord ons asseblief, my Kroon: Altesaam 99% van hoeveel van ons is getel?

Ek wonder darem wat ou Oom Ernest Oppenheimer sou gesê of hoeveel keer hy in sy graf sou rondgetol het as hy geweet het daar gaan ’n spul erotiese, eksotiese, idiotiese dansers in sy saal daar in Welkom dans en sommer die plek terselfdertyd aan die brand steek!

Praat van ’n witwarm vertoning! Presies hóé die vuurvreter die hele plek vol vroumense aan die brand gesteek het, sal net hy weet, maar jy speel in elk geval met vuur as jy soos Adam voor al daai dames wil dans.

Nee wat, vuur en ’n mens se suidelike dele gaan nie saam nie! Al gevaarliker kombinasie waaraan ek kan dink, was Glenda Kemp en Oupa, haar luislang.

Glenda is ook seker al oor die sestig, maar hoe oud Oupa is en of hy nog ’n erotiese slang is, sal niemand seker weet nie.

Ja-nee, as ’n mens met vuur speel, is die brand naby.

Maar partykeer is dit nie ’n gebrand nie, maar ander katastrofes. Soos die dag wat ’n paar van my maters hier bo in die Sanlamsentrum in Tshwanetoria se middestad na so ’n eksoties-erotiese dansery gaan kyk het.

Ek was op kantoor. Rêrig!

In elk geval, dis vlak in die nuwe bedeling en die manne se asemhaling was nóg vlakker, want die sterre op die danseresse se noordelike parte het saam met apartheid en Oom Jannie Kruger se sedebewakers die wyk geneem.

Op die hoogtepunt van die middag se verrigtinge (as mens “stripshows” verrigtinge kan noem) dans een van die poppe toe nakendkaal tot binne-in so ’n deurskynende bad vol skuim in die middel van die dansvloer.

Een van die manne, wat seker soos die meeste ouens, jare gewag het dat die sterre moet waai, besluit dis nou die groot oomblik.

In die hardloop pluk hy ’n paar kledingstukke uit en duik so ’n bommie langs en bo-oor en op die arme, verskrikte meisie (net asof daar nie reeds genoeg skuim in die bad was nie).

Die bad disintegreer summier, vier winkels ondertoe oorstroom en die polisie kom haal vir bomduiker.

Wys jou, water kan soms net so gevaarlik as vuur wees.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.