Blou Willem

Vreetsaam vir behoud van die longdrop

2011-12-01 22:11

JA, en nou wat die ou spulletjie in Kaapstad klaar met hulle groen liggies gestem het, foeter hulle Durbs toe vir die groot COP17-beraad. Lekker hotelle en dik pêlle!

En terwyl hulle beraadslaag eet hulle so baie krewe, garnale en hoenders dat hulle die helfte van ons pluimvee- en pelagiese bevolking uitwis!

Ek sien hulle het ons vermaan om ons riole reg te maak omdat metaangas glo 23 keer skadeliker as koolstofdiosied is.

Ons het dus besluit om môre by die Uniegebou ’n vreetsame betoging vir die behoud van persvryheid én van die longdrop te gaan hou. Terloops, ek was van skool af onder die indruk dat H²O gewone water is en CO² koue water is.

Ja-nee, as dit nie ’n wêreld-vigskonferensie is nie, is dit ’n wêreld-rassekonferensie, ’n wêreldkonferensie oor die stand van die wêreld of ’n wêreld-hondsdolheidkonferensie. Maar die “cherrie” op die “lêwwie” was die wêreldtoiletberaad wat in Singapoer gehou is. Terwyl die wêreld gehurk gaan onder soveel ander probleme en rampe.

Die organiseerders van die byeenkoms het aangekondig dat ons jaarliks ’n wêreldtoiletdag gaan hê, dat alle lande sitting sal hê op die beraad en dat hul leuse “ Druk saam vir wêreldvrede” gaan wees.

Viva la Longdrop!

Oom Kas sê die groot bohaai oor die omgewing laat hom dink aan die ou tannie daar in Swartruggens se wêreld wat deur haar kleindogter aangepraat is toe sy haar kieliebakke met ‘n spuitkannetjie deodorant bespuit. “Haai Ouma, maar wat van die gat in die osoon?” wou die meisiekind bekommerd weet. Sê Ouma: “Nee wat my kind, dié vee ouma sommer met die waslappie af”.

Só van Oumas gepraat: Hoekom dink mense dis ’n slim plan om as Ouma 80 word iets mals met haar aan te vang? Dinsdag val daar mos ’n helikopter by Wonderboom-lughawe met arme tant Sanna van der Walt wie se geliefdes gereken het dis ’n goeie plan om Ouma op haar 80ste verjaardag op haar eerste vliegrit te stuur.

Dan was daar oumas wat op 80 gedwing is om met valskerms te spring, met ’n lugballon oor Hartbeespoortdam en Sun City te gaan hang of in ’n Kyalami-resieskar gedwing was.

Sy wat julle doeke omgeruil het en snags julle kroepborsies met Vicks gesmeer het en nou maak julle so met haar! A nee a!

Maar nou ja, my liewe ou moeder van 94 het vanjaar al sonder ’n valskerm met drie valle ’n heup, toe ’n arm en nou sommer ook ’n skouer en bekken des merdes geval. Ai, Ouma!

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.