Blou Willem

Twintig beeste gans te min vir lobola

2011-12-08 22:41

DIE moontlikhede van onse eie Juju Malenema wat homself nou in “two tone” kakieklere en met twintig beeste in boerdery wil begewe, het vir heelwat binnepret onder ons ou maters gesorg. Oom Kas sê hy wat Juju is, moet net weet dat daar drie seker maniere is om geld te verloor. Dobbel is die opwindendste, vroumense die lekkerste maar boerdery die vinnigste.

Dik Daan dink twintig beeste is bietjie min vir lobola, veral as jy beplan om meer as een keer te trou. “Maar aan die ander kant, as jy dink dat in die vorige geldjaar 61000 beeste in ons land gesteel is, is die moontlikhede legio.

“Jy kan binne ’n japtrap nie ’n enkele ou diertjie oorhê nie óf as jy by elk van jou miljuisende fêns ’n ou koeitjie kry, oornag die sterkste beesboer in die noorde wees.

“Oftewel die nuwe Leeu van die Noorde.”

Neef Bartel weer reken Juju moet gemengde boerdery oorweeg. “Melkboerdery is ’n goeie opsie, want daai man weet mos hoe om die sisteme te melk. Of met al sy pittighede en krapperigheid dalk papajas en pynappels?

“’n Ander opsie is seker ’n aartappelboerdery want as iemand weet hoe ’n sleg moer lyk, dan ís dit hy.”

Ons harte bloei natuurlik vir ekskommissaris Jakkals wat nou met borskaspyne en al in die tjoekie beland het.

Ek is nou nie ’n medikus nie (my ma het van ek twaalf is tydskrifte vir my spreekkamer bymekaar gemaak, maar my matesispunte het ongelukkig nie met my ou moeder se verwagtinge gestrook nie), maar ek wil wel voorstel dat Oom Jakkals vra vir ’n oorplasing Durban toe want in daai plek het jy nie geloofgenesers of duur topspesialiste nodig nie.

Jy gaan net tronkhospitaal toe en siedaar, twee weke later is jy weer terug op die gholfbaan! Probeer dit net, my Oom!

Soos Dik Daan dié week sê:“Ou Jakkals lyk darem ietwat sieker as Schabir, maar as jy mooi daaroor nadink, lyk omtrent 97% van ons ou landjie se bevolking sieker as die arme, terminale Shaik.”

Ek sien hierdie week van ’n nuwe TV-kanaal waar ouens 24 uur per dag ander ouens se katelkapperjolle kan dophou én van ’n pa wat aangekla is nadat hy vir sy 13 jarige seun ’n “stripper” gereël het om hom die feite van die lewe te leer.

My pa het my destyds perdekamp toe geneem vir mý lesing, maar ek het dadelik daar besluit ek sal my nooit eendag so laat skop en byt nie.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.