Twee meisies so mooi soos Simoné

2011-08-11 19:49

Sjoe mense, lyk my die tyd van wonderwerke is nog nie verby nie!

Ek gaan haal laas Vrydag my koerant by die hek en vat hom soos altyd so versigtig met ’n braaitang oor al die moord en doodslag, maar daar op die voorblad sit toe ons voorste gewigstoter (of liewers gewigstotertjie), die skone Simoné, met haar dromerige ogies en modellyfie nadat sy ’n hele 46 kilogram verloor het, oftewel ’n hele mens!

Dik Daan wat dié groot kenner van elke moontlike dieet op aarde is, sê as mens sien hoe pragtig sy nou is, dit eintlik ’n groot skade is dat ons land nie die meisiemensie wat sy verloor het, ook kon gehou het nie.

“Ek het mos een jaar ná ek teruggekom het van die see af, ook so erg gewig verloor. Ek het net soveel as wat ek wil van alles geëet waarvan ek niks hou nie en siedaar! Nou wel darem nie ’n hele dametjie se gewig afgegooi nie, maar omtrent so ’n laaitie van sewe of agt,” vertel hy.

“Al ongeluk was, die outjie het later daai jaar teruggekom en sommer ’n maatjie ook saamgebring.”

En toe vertel Oom Kas van die ou wat oornag 115kg verloor het.

“Ag nee, onmoontlik, my oom!” protesteer ek. “Maklik man, sy vrou het hom verlaat!” verduidelik die oom.

Ja-nee, en eintlik behoort dit mos deesdae maklik te wees om te dieet – jy eet net wat jy kan bekostig. En skaapvleis is definitief nie een van dit nie!

Daar is min dinge in die lewe wat vir my meer aaklig is as ’n motorwerktuigkundige (in Afrikaans ’n “mechanic”) wat die woordjie “head” gebruik as hy vir jou wat niks verstaan nie, verduidelik wat met jou kar verkeerd is.

Dis soos ’n doodsvonnis net daar. ’n Klompie jare gelede ry ons een vroeë oggend daar uit die Kaap weg na ’n lang en duur vakansie.

Die son kom nog so pragtig op oor die berge daar agter die Paarl, toe’s dit net rook en hare. Later die oggend staar die “mechanic” lank so na die enjin en sê saggies:

“Nee, hy’s nou mooi in sy moer in.”

En ek hoop hy praat van ’n klein partjie daar voor en vra versigtig: “Wat is?”

Toe antwoord hy: “Hierdie bakkie.”

So toe die “mechanic” in Bloem hierdie week daar by Seun se 23-jaar oue Opel Cub begin praat van die “head”, “top”, “gasket” en van “skim” toe tel ek sommer vir elke woordjie ’n R1000 by alhoewel ek eintlik dink party is sinonieme. En so was dit toe ook!

Ja, en ek hét toe die Gautrein gaan ry. Die trein is mos nou ons nuwe speelding hier in die noorde.

Ou Flash daar van Aranos in Namibië kuier hier by my maar toe ek nog dog ek “treat” hom om ook die trein te gaan ry, sê hy maar hy hét al. Sy vorige gasheer het my toe mooitjies voorgespring. In die ou dae het ons mos ver kuiermense Voortrekkermonument of Uniegebou toe gevat, later jare het dit Sun City geword en nou speel ons weer met hulle Trein-Trein.

In elk geval, so vat ek Maandag op my selfgemaakte vakansiedag vir Vroutjie en Seun om saam met Sussie wat in Sandton werk te gaan eet.

Die eerste ding wat skeefloop, is dat ek op spitstyd ry en toe baie meer betaal as ou Flash-hulle. Dit voel vir my of die ding nie rêrig op spoed kom nie en ons stop by Pretoria- en Centurionstasies net as ek begin loshande ry.

Maar o wee, net voor Midrand kom die aankondiging dat ons op ’n volgende trein sal moet oorklim weens “technical proooblems.”

Geduldig en gedweë klim ons toe oor in die ander trein wat feitlik onmiddellik op die toneel is. Maar 35 minute later sit ons nog net daar in die toe trein – teen 160km per uur!

’n Dogtertjie huil sy wil uit om te gaan doen wat dogtertjies moet doen ná drie rooi koeldranke en die radelose mammie druk einde ten laaste die noodknop. En word bevry. Ons ander moet met die brug oor na perron A en ’n derde trein en uiteindelik kan ons ons reis voortsit.

Behalwe vir die feit dat by Sandton geen bus in sig was nie (“industrial action” deur die Gautrein-busbestuurders), het ons heerlik gekuier met ons meisiekind en met die laaste trein teen die spoed van wit lig by al die karre verbygeblits terug Hatfield toe.

Sal ek hom weer ry?

Natuurlik! En gereeld.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.