Snorre en troepe laat ons huil

2010-07-29 21:52

Eers moes ons hoor dat Bakkies nie ’n boef is nie en nou, baie gerusstellend om te weet, dat Snorre nie ’n nar is nie.

Ek moet sê, ek het heeltyd vermoed dat hy onskuldig is want ’n nar is ’n ou met ’n rooi neus en geverfde gesig wat jou laat lag, terwyl Snorre en sy troepe ons Saterdag ná Saterdag snot en trane laat huil.

Dik Daan sê dis ook in elk geval nie vir die spul Aussies om te besluit wie óns narre is nie, ons besluit al jare lank self daaroor.

“En dat Sasol nou ook die Bokke verlaat het, moes ons seker sien kom het want hulle hardloop nou al drie weke met leë tenks rond,” reken hy.

Die een stukkie goeie nuus is darem dat die Bokke week ná week verbeter.

In week een het die All Blacks 32 punte teen ons aangeteken, die week daarna 31 en laas Saterdag het ons darem net 30 punte teen ons gehad.

Baie verblydend, dié terugvegpoging van ons!

Oom Kas sê om deesdae ’n toetswedstryd te gaan kyk, is vir hom baie soos ’n wildtuinbesoek:

Jy eet biltong, drink bier en sit en kyk hoe die bokke hulle alies sien.

Die een ding van ons ou landjie is dat hy nooit ooit ophou om ons te verras nie.

As dit nie Max die Gorilla is wat ’n inbreker vang nie, is dit verpleegsters wat in hul nagklere toi-toi vir meer geld of polisiehonde met koeëlvaste onderbaadjies.

En nou weer ’n tier (ja, ’n regte tier en nie ’n luiperd nie wat die ou mense ook maar uit onkunde ’n tier genoem het) wat tussen nêrens en êrens uit ’n bewegende bakkie gespring het en darem weer gelukkig tussen daai selle nêrens en êrens gevind is.

Dit het my onwillekeurig laat dink aan die aand in die afgebrande Hotel Magoebaskloof, waarvan net die kroeg ná die tyd heelhuids bly staan het (wat ’n wonderlike toeval!), toe ons ou groot maat, wyle Piet Steytler vir my en wyle Boetman van Boetman-faam vertel het van die twee leeus wat in die sestigerjare op Brandfort ontsnap het.

Vandag wens ek ek het beter geluister, maar daai aand het ek meer gelag as geluister en toe hoor ek nie soos ek moes nie.

Ek onthou net die deel van die twee broers wat in Oos-Londen of daar iewers met ’n gewone bakkie met ’n mankoliekerige draadhok die twee sirkusleeus moes oplaai en na die ou Transvaal moes vervoer.

So stop hulle toe baie moeg en baie dors ná ’n heel dag op die pad by Brandfort se hotel, geniet ’n verversinkie of tien.

Maar in daardie tyd gaan die bakkie se knip in ’n stilstaande posisie oop (dis voordat hulle nog slaggate die skuld kon gee) en ontsnap daai twee maanhare die leeukoue Vrystaatse nag in.

Ek kan ongelukkig nie die res van die storie mooi onthou of vandag meer vra nie want Piet én Boetman is nie meer daar om te vra nie, maar al wat ek weet, is dat die leeus later sonder mens- of diereverliese aangekeer is en veilig by Boswell se sirkus in Johannesburg afgelewer is, alhoewel twaalf uur of wat te laat.

Dit het natuurlik ook baie gehelp dat die spoorsnyers die spoor reg langs Brandfort se hotel kon begin volg.

As iemand daai storie beter ken, laat weet asseblief! En ja, dis nie al gekolde of gestreepte katte wat die afgelope week amok gemaak het nie.

Ek was laas Saterdag daar in die ooste van Tshwanetoria toe vyftien wilde Cheetahs losgelaat is en in ’n bloederige ses minute korte mette gemaak het van vyftien opregte blou stoetbulle.

Of hulle al aangekeer is? Nie sover ek weet nie, want wild is vir jou wild en ’n ou neuk mos nie onnodig met ’n Cheetah as hy op volspoed is nie! (en veral nie in Loftus se omgewing nie).

Nee kyk, ek is maar ’n ou wat hou van ons land se geskiedenis en ek het laas Saterdag daar op Loftus lekker sit en terugdink aan die Oktobermaand van die jaar 2005.

Hoekom? Nee sommer! Iets met die Curriebeker te doen.

Maar nog so ietsie oor die tier. Dis ’n fyn kuns om ’n treffende koerantopskrif te kies of te besluit wat op die straat-“poster” teen die lamppale moet verskyn.

My prys vir die beste poging van die week gaan aan Woensdag se Ingelse koerant met die opskrif: “Tiger in the Woods.”

Slim, nè?

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 119,900.00

CHEVROLET

ORLANDO 1.8LS
2011
R 239,994.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.9 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2008
R 155,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.