Blou Willem

Ontreddering van leë plekkie op winkelrak

2011-12-15 22:21

MIN dinge laat ’n mens so moedeloos en ontredderd voel soos ’n leë plekkie op ’n winkelrak.

Jy raak net mooi gewoond aan daai lekker koekie met die sjokolade weerskante, daai wasmiddel wat eindelik die kolle uit Boeta se wit rugbybroeke kry, daai bier van Duitsland wat jou ná jare se gesoek nié jig gee nie of daai Italiaanse gereg wat proe soos iets uit Rome.

Dan staan daar skielik op die rak “discontinued” in die plek van jou gunsteling. Net só.

Laas Donderdagaand so twintig voor elf het ek daar voor die rakkie gestaan waarop Ouma Tinkie al die jare was en toe staan daar ook “discontinued”. En jy weet dis tyd, maar aan die ander kant weet jy jy gaan nooit weer dáái spesifieke koekie met dáái baie spesiale smakie kry nie, al soek jy hoe hard.

Ouma sou ’n CV gehad het wat vir niks skrik nie, maar werkgewers stel nie belang in ’n CV wat verklaar dat jy ’n lekkerder skilferkors- melktert as enigiemand anders suid van Kaïro kan bak nie.

Of dat jy duisende graad eentjies en tweetjies leer lees, skryf en tel het met net gesonde verstand, die hulp van die Liewe Vader, Sus en Daan en ’n klereborsel se agterkant.

Geen werkgewer sal wil weet van die ontelbare bruidjies se trouruikers wat jy vir “peanuts” gemaak het nie. Van daai goed was so groot dat jy nie eers die bruid op die troufoto’s kan sien nie.

Of dat sy op 82-jarige ouderdom die sweepklapkompetisie van Skuilkrans se kerkbasaar gewen het? Daai dag klap sterk manne van die plaas af die lang sweep op die parkeerterrein dat dit klink soos grensoorlog. ’n Halwe skaap as eerste prys is op die spel.

Toe almal klaar is, staan die klein tannietjie – in haar laaste dae net groter as ’n middelslag pikkewyntjie – nader en vra sag of sy, plaasnooi en skouruiter van Kruisfontein, veertien hekke van Redelinghuys in die Sandveld, ook maar kan probeer. Die volgende dag sit ons toe aan vir heerlike skaapboud – en, nodeloos om te sê, drie ekstra soorte vleis net vir veiligheid.

Sal hulle wil weet dat Ouma Tinkie tot op 89 ’n taxibestuurder was? Dit was haar plig om Mooigeleë se “klomp oues”, wat almal jonger as sy was, Sondae veilig by die kerk te kry.

En kan sy maar bysit dat sy eers op negentig bedank het as diaken?

Ja ou Moedertjie, jy mag kastig “discontinued” wees, maar nooit in óns winkel nie.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.