Nuwe pos vir Div en Snippie se dood

2011-10-13 21:43

O, die pyngedagte wat net nie wil wyk nie, hoe hard ek ook al probeer slaap of skape tel! (Met die prys van skaapvleis werk daai raad ook nie eers meer vir slapeloosheid nie.)

Ek kan rêrig net aan twee keer in my lewe dink toe ek slegter gevoel het as laas Sondagoggend so skuins voor nege daar in ou Dennis se restaurant.

Die een keer was daai aaklige oomblik in 1999 toe Allan Donald homself en ons hele ou volkie teen die Aussies uitgehardloop het en die ander keer was in 1961 toe my liefling Foxterrier-brakkie, Snippie, voor ons huis deur ’n lorrie doodgery is toe hy ’n tennisbal gejaag het wat ek straat-in geslaan het.

As daar nog kere was, was dit oor akademiese redes en nie sport nie. O ja en vir Max du Preez wil ek net inlig , die hedendaagse definisie van ’n maaifoedie soos in 2004 by die Dwaalboomberaad goedgekeur deur die Gifkoppe, oftewel Saddam (Suid-Afrikaanse Direktoraat vir Deugniete en ander Maaifoedies) is ’n Nieu-Seelandse skeidsslegter wat geld wed op die Aussies. So nou weet ons almal hoekom ons onmiddellik en instinktief ’n Nieu-Seelandse rêf haat? Dit spaar tyd.

Ek het so stil-stil ’n effense sagte plekkie vir ou Snorre ontwikkel en kry hom uit my hart uit jammer, want dis tragies as jou span sy beste wedstryd van die toernooi speel en dan wragtig teen die rêf verloor.

Presies wanneer en hoe ek sag geraak het op Snorre, is ek nie heeltemal seker nie, maar ek dink hy’s ’n goeie mens en amper soos ou Tat Botha, iemand wat nie net sê hy gee om vir sy manne nie, maar woord en daad aanmekaarflans.

As daai manne wat hy voorgetrek het nou dalk die oumanne was, moet ons nog steeds die man respekteer dat hy mense vertrou en deur dik en dun by hulle staan. Ek is ’n groot ou vir lojaliteit, maar dit is nou “finish” en klaar uit die pad uit en ’n baie bevrydende gedagte dat Bokrugby met bietjie nuwe bloed en nuwe idees kan aangaan.

Maar ai, ek sal nie graag vir arme Snorre op straat wil sien met ’n bordjie wat sê: “Het nie werk, sal enigiets wettig doen vir ’n geldjie behalwe gigilo, motorkaper en skeidsregter.”

So as iemand aan iets kan dink wat die man kan doen behalwe om weer die Valke af te rig of skool te hou, laat weet asseblief.

Beroepe waarvoor hy duidelik talent het waaraan ek kan dink, is slotmaker (kyk wat het hy met Matfield en Bakkies-hulle reggekry), buikspreker (jy sal nooit weet of al daai kreatiewe snert uit sý of die pop se mond kom nie), politikus (jy sal in der ewigheid nie weet wat hy rêrig wil sê nie) of President van die hele land, want hy kan wragtig nie swakker as die huidige een nie.

Sjoe, die Arch het ’n lekker groot paartie gegooi, die ou spul darem lekker sleggesê oor Darie Lam ou se visum hoor! Sulke klomp helle!

Iemand stel mos laasweek voor die Lam oom moes eintlik net tot in Zimpapwe gevlieg het en dan droogvoets deur die Limpopo geloop het want dan het hy glad nie ’n visum nodig gehad nie. Deesdae hier in onse nuwe Suid-Afrika voel ek soos ’n hond as ek dink watter onchristelike gedagtes ek oor die dierbare tagtigjarige klein oompie daar in die ou Suid-Afrika gekoester het.

Askies Oom Arch! Mag u ten minste ’n honderd word om hierdie korrupte ou spulletjie se gewete te bly noudat Madiba stil geraak het. Toe die U2-held en wêreldbekende filantroop Bono daar by die partytjie so roerend vir die oubaas sing en hom agterna ’n lekker ou drukkie gee, toe dink ek weer aan daai dag toe die einste Bono ten behoewe van vigs-wesies in Afrika by ’n konsert in Hyde Park opgetree het. Teatraal klap hy toe stadig sy hande bo sy kop en skree: “Every time I clap my hands, a little child dies in Africa.” Toe kom daar ’n diep, maar dringende Skotse stem uit die aangedane gehoor: “Then bloody well stop doing it then mon, are you mad?!”

Vir wie ek nou verder tot 23 Oktober gaan skree? Ek gaan skarlakenrooi aantrek en vir my ’n banier met “Wallis is Allis!” maak. Dis nou mos onse mense daai. Myners, takhare en mooi seuns.

Gaan dit my beter laat voel? Nee, seker nie eintlik nie, want ek is ná meer as vyftig jaar ook nog nie oor Snippie se heengaan nie.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.