Noudat Juju gerooikaart is

2011-11-17 22:56

Mense, wie ons nou daagliks gaan vermaak met ekonomiese en ander niksseggende wyshede noudat Juju vir vyf jaar gerooikaart is, weet nugter alleen. Al wat ek weet, is ons gaan sy innemende gesiggie op TV en koerantvoorblaaie erg mis! Die goeie nuus is dat hy darem volgens sy eie berekeninge weer op 16/16/16 sal kan aangaan met sy groot taak om die volk uit die woestyn te lei.

Ek weet nie of die Bokke of ons arme gepynigde ondersteuners die ruskans weg van rugby die meeste geniet nie. Weg is al die spanning, moordgedagtes oor Vice Lawrence en die aaklige gevoel ná dáái verloor. Al sleg is dat jy nie meer Saterdae in jou Springboktrui kan wegglip na een of ander watergat vir volksdiens nie.

As jy een van die gelukkige ouens is, kan jy darem hopelik kies tussen die tuin en krieket.

Telkens as ons teen die Aussies speel en so sukkel om ’n tuisreeks teen hulle te wen, gaan my gedagtes terug na 1970 toe ons hulle so ordentlik afgeransel het. Ek was daardie Februarie pas klaar met matriek en ’n studentkonstabel by Durban-Noord se polisiekantoor.

Ek kry toe twee rusdae wat perfek saamval met die tweede toets op Kingsmead. ’n Kort opsomming van een van my beste verjaardae ooit: Barry Richards klits 140 in ’n japtrap; Graeme Pollock kasty die vyand met 274 lopies en ons eindig dag twee met 622 op die telbord. Ek en ’n mede-studentkonstabel eindig dag twee elk op 24 nun (dis nou Kastele) en Eddie Barlow gaan slaap die aand met drie Aussie-paaltjies vir 24 lopies.

Op dag vyf wen die Bokke met ’n beurt en 129 lopies.

Die enigste ander internasionale sport wat nou die moeite werd is, is die wêreldberugte Kersie-rolbaltoernooi op Fickburg waar Dik Daan en sy span die laaste paar dae bolle gerol het teen spanne soos die Boksembende, Kameelbomers, Agterosse, Cane Rats, Koorsangers en die Bosveldknolle. Dik Daan het mos begin rolbal speel toe hy die dag besef het dat hy minder balle met rolbal verloor as met gholf.

Gerugte wil dit egter hê dat daar dié week in die Oos-Vrystaat baie meer gegooi as gerol is!

Aan my ou maters daar in die Kaap: baie geluk met Tafelberg se aanwysing as een van die wêreld se sewe wonders.

Die agtste wonder sou die Curriebeker gewees het, maar vir hom kan jy ongelukkig nie stem nie...

Jy moet spéél!

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.