Blou Willem

Nog LUR-ligte soos Rassie s’n vir Cheetahs

2011-11-24 19:58

NEE kyk, my lippe is geseël en my pen kurkdroog!

Nie weer ’n lelike woord van my kant oor enige politikus nie.

Nooit weer sal ek dit waag om ’n edele se naam te verdraai of te befonkfaai nie.

Nooit weer ’n ou simpel grappie oor een van hulle se ou misstappies nie, want hulle is mos nou saam met die bergkwagga op die lys van bedreigde spesies.

Ja my Kroon, u dienaar is hierdie jaar al 34 jaar getroud, so ek sien rêrig nie kans vir nóg ’n ekstra 25 in die tronk nie!

Oom Kas sê hy kan verstaan dat almal so de josie in is vir die edeles wat ons op ons eie duur snelweë in die lang gras laat ry net omdat hulle blou ligte op hul karre het.

“Maar ons moet darem ook billik wees, want hoe op die aarde sal ons weet dat hulle hogere edeles is as hulle dit nie vir ons met die blou ligte kan beduie nie?

“Ek dink nie hulle moet die ligte wegvat nie. Sit eerder sommerby!

“Hulle kan mos hul hele dakrak vol ligte maak wat elkeen ’n ander kleur en betekenis het.

“Amper soos daai wat ou Rassie destyds gebruik het toe hy die Cheetahs daar bo van die paviljoen se dak met sy disko-ligte afgerig het.

“Blou kan dan byvoorbeeld beteken: ‘My LUR is dodelik siek en moet binne tien minute op ’n hart-long- masjien kom’; flikkerende rooi beteken: ‘My LUR het ’n hewige babelaas en wil nie onnodig met sy seer kop tyd saam met julle drommels op die pad deurbring nie’; geel: ‘My LUR se kind is laat vir skool’; pers beteken: ‘My LUR is laat vir 7de Laan, 8ste Laan of 9de Laan’, terwyl groen: ‘My LUR is vir een keer laat vir niks en wil nie verbysteek nie, maar wil net hê julle moet weet sy’s belangrik.’”

Nog só van hogeres en edeles gepraat – ek sien Koning Msmaartie van Smaartieland het so pas sy 12de bruid in die pad gesteek.

Vreeslik nè?! Blykbaar het die wagte haar na ’n onder- of bo-onsie by die paleis se voordeur uitgesmyt.

Al moeilikheid met soveel vroue is dat as jy een uitsmyt, jy nog elf oor het wat jy in die pad moet steek.

Daai koning glo mos hy moet 16 vroue hê sedert die dag toe hy die priester daar in die kerk hoor sê het: “4 better and 4 worse, 4 richer and 4 poorer.”

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.