Met Skepping laas so baie ene in ’n datum!

2011-11-10 21:43

SJOE, ek dink die laaste keer wat daar soveel ene as in vandag se datum was, was met die skepping! Baie mense glo vas dat dié geboortedatum vir jou groot seëninge, voorspoed en rykdom kan beteken. En nee, dis nie net die Chinese wat bygelowe het oor geboortedatums nie.

Ons vriende Willie en Elize se eerste kleinkind is hierdie week in Ballito gebore, maar die klein meisiekind het ander planne as haar ouers gehad. Dié het alles haarfyn uitgewerk om ’n 11/11/11-kleinding in die wêreld te kon bring, maar dit klink of die hele familie nou hoogs in hul noppies is met hul klein 6/11/11-poppie.

Nog by 11/11/11 : baie geluk, Elaine, met jou 60ste vandag! Jy’s ’n lewende bewys dat die datum wel baie spesiale mense oplewer.

Die paar hare wat ek nog op my kop het ná drie kinders se grootmaak, staan al twee dae soos ystervarkpenne orent vandat ek gehoor het wat ons arme belastingbetalers moet bydra tot die regerende party se eeufeesvieringe in 2012. ’n Koeëlronde R400 miljoen en dis ’n vroeë berekening! Ek wil hoor of hulle nie sommer terwyl hulle besig is, terselfdertyd ’n randfees vir my oorlede skoonma in Kroonstad wil hou nie.

Ouma Tienie sou volgende jaar op 12/12/12 soos die ANC ’n ronde 100 gewees het en na my mening het tien gewone tannies soos sy baie meer tot die heil van die Vrystaat en die land bygedra as ’n honderd van die huidige politici.

Viva die tannies!

Oom Kas het ’n ligte waarskuwinkie vir die ANC oor al die geldmorsery, brassery en onnodige paarties. “Hulle moet net onthou 1912 was ook die jaar dat die Titanic gesink het nadat almal gesê het dit sal nooit gebeur nie.” Dik Daan wil weer weet hoekom Bloemfontein telkens die ongelukkige slagoffer is van een van dié groot happenings. “Ek kan dink dis goed vir die sentrale stad se ekonomie, maar verdien die Rosestad rêrig dat die gaste hulle elke keer so vrot gedra en hul agterste ente vir onse vredeliewende Vrystaters kom wys?” vra hy.

Eksamenspanning laat mense hierdie tyd van die jaar baie snaakse dinge aanvang. Die week lees ons van die Witsstudent wat een van sy lektore met ’n stok bygedam het omdat laasgenoemde sy studente met ’n onbillike vraestel verras het.

Ek hoop maar Seun wat spook met vakke waarvan ek niks verstaan nie (KBE, END, BKR, BOW, POB en OBS), lees daai beriggie mis! En baie sterkte aan Juju Malenema met sy HH-eksamen (Houtwerk Her) aan Unisa.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.