Loftus se spoke en ’n padda-prinses...

2011-07-28 20:46

Ek sien Madiba het wel my advies (wat nogal gratis was) aanvaar en gaan nou onbepaald daar by sy hartshuis in Qunu vertoef.

Ek hoop en vertrou dat hy as die ergste sneeu gesmelt het, soggens behaaglik daar in die wintersonnetjie gaan sit en bak en dat Ant Winnie nie saam gaan agterbly om sy rus te versteur nie.

“Sou sy nie dalk ’n gedagte hê dat die Groot Gryse sy president se voorbeeld wil volg en sy huis vol vroumense maak nie?” wonder Oom Kas dié week hardop.

“Nee, nooit!” antwoord Dik Daan. “Dink jy vir een oomblik ’n wyse man soos hy sal so ’n fatale foutjie maak?”

En toe vertel Daan van die oupa wat saam met sy kleinseun in die veld geloop en op ’n pratende padda afgekom het. “Soen my, dan verander ek in ’n pragtige prinsessie! Ag asseblief!” Die oupa buk toe gedweë, tel die padda op en sit die ou diertjie mooi versigtig in sy jas se sak. “Gaan Oupa haar dan nie soen nie?” wil kleinboet teleurgesteld weet terwyl paddatjie luidkeels daar uit die sak protesteer.

“Nee, my kind, op Oupa se ouderdom verkies ek veel eerder ’n padda wat kan praat as ’n mooi jong meisie.”

Nou kyk, ek verstaan die argument, maar ai, mag ek tog nooit ooit só oud word nie!

Gelukkig het my ou maat Nevvie se familie sy 70ste verjaardagpartytjie laas Saterdag gereël om presies met die uitsending van die B-B-okke se wedstryd daar uit Snikney saam te val.

Wat ’n genade om te kan weet ek het dáái skande nie eerstehands aanskou nie! Ongelukkig het ek later die aand sportlaagtepunte gekyk en moes ek toe teen my wil sien hoe my Cheetahs in die tweede helfte teen die spoke van Loftus die spit afbyt én toe sommer as ’n bonus ook ál die Aussies se drieë (wat so baie was dat die uitsending net tien minute korter as die volle wedstryd was).

In elk geval, ek is naarstiglik op soek na iemand wat môre 70 word en my wil nooi. Alternatiewelik: Iemand wat my TV wil kom steel voor afskoptyd (ek los die huissleutel onder die voordeurmatjie).

Ja, en waar’s Snorre, want hy moes eintlik al Maandag terug gewees het vir rehabilitasie en herkondisionering met Smittie wat kan oorvat as assistent-bagasiemeester.

Net dít oor die Loftus-spoke: Ek glo al jare lank dat die ou geeste van die Bloues soos Mof, Frik en oom Louis Schmidt in die tweede helfte kom help keer en skrum as die Bloues swaarkry en Saterdag was hulle toe sowaar weer op hul pos.

Lyk my so dertig punte sou ’n beter rustydkussing gewees het. Maar nou ja, dan gaan takel ons maar môre die Sharks in Durban (dis nou as ons deur die sneeu kan kom).

Ja-nee, mense, nou weet ons ook hoe voel die Kanadese en Eskimo’s as hulle heel winter moet sneeu ploeg!

Dié tyd van die jaar is daar mos net drie plekke in ons land waar mens moet wees en dis die Kruger Willetuin, die Wille Krugertuin en die Transnasionale Oorgrens Mosamkrugerpark. Nêrens anders nie.

Ek was groen van jaloesie toe ’n ou maat daar in die kerkbank vir my fluister dat hulle dié week in die Willetuin binne drie dae sommer ses keer leeus gesien het én natuurlik ’n vangs, wat ek nou al die afgelope vyftig jaar elke keer met vier minute misloop.

Ek dink as ek hom die dag wel sien, kan jy honderd persent seker wees dat ek nie my kamera daar sal hê nie.

En wat my die viesste maak, is as ’n buitelander die eerste keer die Willetuin besoek en sommer so binne die eerste uur sý vangs sien. Hulle dink mos sommer dis normaal, want dis dan so op Discovery Channel!

Daar in die sestigs kry my oom, wie se naam met P begin, ’n nuwe kamera en is ons saam Willetuin toe (ek hoop nie hy lees dié week koerant nie, want hy’s nogal sensitief oor dié verhaal). Skaars in by Orpen-hek staan daar ’n olifant omtrent so 400 meter van die pad af en dis net daar wat my oompie begin kiek! Dis ses foto’s en ou Olie gee drie treë vorentoe en dis nog ses en vier tree vorentoe en weer agt foto’s.

Twee films, 72 foto’s en 15km verder lê daar agt leeus in die pad. Party speel, ander vry en ander baklei, maar helaas... eishhj, die film hy is nie meer nie! Nee, en ons ander kon nie help nie, want dit was 50 jaar voor BlackBerrys.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.