Koshuiswedstryde harder as WB-rugby

2011-09-15 19:47

EK wonder al heel week oor twee dinge. Noudat die regter Juju-hulle se toi-toi-krygslied Dubula iBhunu verbied het, kon hy nie maar terselfdertyd Steve Hofmeyr se Bloubullied ook uit die bose verklaar het nie?

Daai aaklige stukkie musiek wat ’n mens se lewe so kan versuur op Loftus. Nee kyk, dan het ons nou twee lekker vet vlieë met een klap geslaan! ( En ek praat nie nou van Juju en Steve nie.)

En die tweede ding is hierdie twakkies van Bakkies se hakkies wat ek glad nie glo nie. Ou Tom daar in die Kaap sê hy het ’n voëltjie hoor fluit dat Bakkies al laas Sondag kon gespeel het, maar dat dit teen sy beginsels is om op Sondae mense seer te maak.

Al wat ek weet, is dat ons môreoggend net ná sonsopkoms ou Bakkies sonder seer hakkies bitter nodig gaan hê om die pappies lekker dik aan te maak teen die manne van die Suidsee.

Snaaks, ek het altyd gedink die Suidsee is by Durban.

Nee kyk, ons sal nie enige fieterjasies of fidjijasies kan bekostig nie, net Bakkies en Bakkies vol lekker dik pappies.

Dik Daan sê hy kan dit in elk geval nie kleinkry dat die ouens daar annerkant op sulke ongoddelike tye moet rugby speel nie.

“Hoe moes die arme Namibiërs dan nou halfvyf in die môre op hul stukke wees teen Samoera?” sê hy. “Nee wat, en spek, eiers en lemoensap by rugby voel net nie heeltemal reg nie.”

Ek het laas Vrydagaand die voorreg gehad om daar langs die veld by Shimlapark in Bloemfontein te staan toe die koshuisfinale gespeel is.

My ontheemde koshuis wat nou Heimat heet , was weer in die eerstespan-eindstryd en so ook die tweede span, soos elke jaar sedert die “nuwe” koshuis se ontstaan.

Daar het ek weer besef dat nie eers Wêreldbekerrugby harder kan wees as ’n rêrige kwaai koshuiswedstryd nie.

Geluk aan Vishuis wat weer die UV-kampioenspan is, maar ook hoede af vir daai Gideonsbende van Heimat wat met net meer as vyftig permanente inwoners nooit hart verloor het nie, nooit gaan lê nie en nog steeds daagliks hul bydrae vir Kovsies lewer al word dit nie oral waardeer nie.

Ek wou verskoning maak dat ek al weer met rugby deurmekaar is. Toe dink ek, hoekom verskoning maak vir iets wat so moet wees? Dit hoort mos so (al is dit nou net vir die volgende vyf weke) en boonop is die dae verby dat net die manne rugbygees vang.

As jy kyk wie’s die mense wat desedae Vrydae getrou hul Springboktruie dra, is dit juis die lede van die skoner geslag. Poppies wat drie weke gelede daar in Sandton met hulle snyerspakkies op hoë hakkies rondgetrippel het, is nou ons nuwe voorbokkies.

Lekker man, lekker!

Dubula Amabokkebokke!

Oom Kas sê al wat hom dwars in die krop steek, is die ouens wat so by ons arme agtergeblewenes spog oor hul komende toer na die Land van die Silwervaring toe.

“Nee kyk, jy kry nou ’n paar rugbysnobs wat uit hul kassies klim hoor!” reken die oom. “Die rêrige rugbysnobs sal jy nie nou al daar in Nieu-Seeland sien nie.

“Nee wat, hulle sal nie lewend of dood daar annerkant gesien wil wees met hierdie goedkoop wedstrydpakketjies soos Georgië teen Roemenië nie. Nee, eers as dit kwarteindtyd word, gaan hulle met hulle spuitvliegtuie en ‘jetse’ daar aangespuit kom. Ek sê jou daai manne moet maar net hoop ons speel dan nog saam!”

Maar nou ja, Oom Kas en elke ander een van ons agtergeblewenes is seker maar net groen van jaloesie.

Daar was nog een ou dingetjie wat ek laasnaweek vergeet het om vir Dominee Rooijan te vra.

So Dominee, nou vra ek maar sodat ek teen more-oggend agtuur weet wat om te doen.

Dominee, met dié dat die rugby die volgende maand of wat al hier twee-uur soggens begin, sou die regte ding wees om maar van die vorige aand af op te warm en op te bly of moet ’n mens eerder saam met die eerste hoenders gaan slaap en dan daar in die klein ure van die nag so ’n ou ietsie by die koffie gooi vir die senuwees en om die beskuit ’n bietjie smaak te gee?

As Dominee nie dink enigeen van die twee opsies is ’n goeie plan nie, hoef Dominee nie terug te antwoord nie, dankie.

O ja, en ek belowe ek sal hard probeer om minder lelik te praat oor Snorre omdat hy nie vir Bismarck betyds opjaag nie.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.