HWS as jy VWEI of weer BDD is

2011-10-27 22:36

HIERDIE week moet ons verslae volkie, wat nog tot verhaal probeer kom ná die tragiese heengaan van een van ons groot bondgenote, Kolonel Maarhamoer Kwaadaffi, hoor dat onse president nou vir sy ampswoning nog ’n sauna ook wil inbou en dit op óns rekening!

Altesaam R169 miljoen se stewige verbeterinkies aan Mahlambablopfu (Plek van die Baie Vroue en Vet Beeste).

Gelukkig het die minister van openbare bouvalle’nstokkie daarvoor gesteek. Ja-nee, nou is ’n gewone stort met lekker sterk druk en ’n groot kop ook nie meer goed genoeg vir ons baas nie!

Oor die sauna sê Oom Kas: “Mens sou dink hy sweet genoeg met drie vrouens en al Malema se straatkaperjolle. Hulle kon veel eerder ’n lekker jakoesie vir hom gebou het, dan kan die hele uitgebreide familie water spaar en saam bad.”

Dik Daan sê asof daar nie reeds meer as genoeg geld in die badwater gegooi word nie, sien hy dat die lugmag kastig nie genoeg BBP-vliegtuie het nie en dat van ons arme edeles nou tussen die gepeupel in eersteklas moet vlieg.

“Hoekom slaat hulle nie sommer twee vlieë met een vlug en bou die sauna in die vliegtuig in nie?”wil hy weet.

“Die goedkoopste sauna wat jy kan kry, is in elk geval daai veertig minute wat jou vlug vertraag word nadat jy ingeklim het.”

Ek sien hierdie week dat 70% van ons land se motorbestuurders hul selfone gebruik terwyl hulle praat (ag ek bedoel bestuur).

Hulle sê nie wat die ander 30% doen nie maar sover ek kan sien, skeer hulle, sit “make-up” aan, foeter kinders met rughandveeg-houe terwyl die Deense hond met sy kop by die bestuurder se venster uithang en vir mý blaf omdat ek op my selfoon praat.

Miskien moet Minister Go-slow Ndebele eerder van hierdie 30% werk maak. En die minister moet sommer by die brakke op die bestuurders se skote begin.

Hoe bestuur enige mens met ’n histeriese hond op jou skoot (en dikwels sommer meer as een)?

Geen probleem nie, solank jy net nie op ’n selfoon praat nie.

Ek moet sê, as daar nou ’n ding is wat my senuweeagtig maak, is dit nie ’n ou wat op ’n selfoon praat met ’n hond op sy skoot nie, maar ’n ou van my jare met swak oë wat ’n SMS sonder sy bril probeer lees én die ding dan nog boonop probeer beantwoord ook.

Eisjjh nee, daai maak my bang!

Ons kinders is mos baie vernuftig met die kort selfoonboodskappies met al wat ’n afkorting is waarvan ons grootmense nie kop of stert kan uitmaak nie.

Soos SJL (sien jou later), PMP (pasop my pa) of GG (gaan goed).

Miskien kan hulle vir ons oues ook so op die kar se stuurwiel ’n gids met 22font-grootte letters opplak dat die ouens kan ophou sukkel.

Ons sit dan ons eie afkortings daarop, soos: BDD (by die dokter), BVB (beste vriend se begrafnis), BDR (bring die rolstoel), VWEI (vergeet waar ek is), HWS (het weer sooibrand), PNNKO (pas nie naweek kleinkinders op), BBVG (bring batterye vir gehoorstuk) en so aan.

So iets kan mos baie help om die dood van ons paaie af te hou.

Of wat praat ek als?

Ek moet sê verlede week het ek nog grappies gemaak oor die sensus maar nou is dit nie meer snaaks nie.

Daar is nog net ’n dag of wat oor om in tel te kom en ek het nog nie eers ’n sensus of ’n senbroer of selfs een van daai blinknuwe geel karretjies in my omgewing gesien nie.

En ek praat nie nou van my straat nie, hulle is nie eers náby ons nie!

So wat doen ons nou?

Kan jy iemand bel en sê jy’s nog nie getel nie? Stuur jy rookgranate uit jou agterplaas op? Ry jy rond totdat jy ’n geel karretjie sien en swaai voor hom in? Of ry jy met ’n banier rond wat sê: “Tel my asseblief”?

Oom Kas sê hy wonder ook hoe hulle die ouens in die Uniegebou tel met dié dat onse president hierdie week so lekker ge-“hire” en “fire” het.

En of hulle sal onthou om by die polisiehoofkantoor weer een ou af te trek van hul opgawe.

Neef Bartel sê as hulle dit maklik wou maak, kon hulle maar net gister en vandag lugfoto’s van Malema se stormtroepe geneem het, dit met tien gemaal het en tien miljoen onwettige immigrante en ’n polisiekommissaris afgetrek het.

En siedaar!

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.