Blou Willem

Gifkoppe se uiters geheime, kort klagstaat

2012-02-09 22:27

OP ons jaarlikse Gifkop-lekkergotla by Dwaalboom het ons die regering se uitnodiging tydens húlle lekkergotla by Bela-Bela aanvaar om sy vertoning die afgelope jaar te beoordeel.

Ons het Maandagoggend ons KPK-verslag (Kort Prestasie Klagstaat) by die Uniegebou afgelewer.

Kortweg: Basiese Onderwys (waardeloos), Landbou ( vrugteloos), Arbeid (werkloos), Kommunikasie (draadloos), Energie (kragteloos), Binnelandse Sake (eindeloos), Jeug (moereloos), SAPS (magteloos), Presidensie (skaamteloos).

Ja, en ons arme piepols natuurlik leiersloos.

En ons inligting uit die binnekringe van die Joef Lieg is dat Juju die Bokke se nuwe bagasiemeester (klein tassies) word want Heimlike Meyer kies net adviseurs uit die noordelike provinsies. Nee, ons verwag nie dat die regering ons verslag gaan publiseer nie, want dis uiters geheim. So geheim dat ons die verslag met Tippex geskryf en met ’n uitveër geteken het.

Ai vriende, net as ons dink niemand kan iets snaakser of meer onnosel uitdink om op ons ou landjie se dik wetboeke te plaas nie, verras een of ander Einstein ons. Nou lees ons van planne om swanger vrouens in drankwinkels te verbied.

Hoe op die liewe aarde hulle dit wil doen, sal net die regsreus wat dit uitgedink het, kan verduidelik.

Oom Kas reken hulle kan dalk as Gauteng se tolhekke finaal sink, dié goed wat soos pers disko-ligte oor ons snelweë troon, by die drankwinkels opsit om die swanger vroutjies daar uit te hou.

Kan iemand dalk vir ons uitvind of ons nog ’n handves van menseregte het, of nie?

Maar ai, die arme drankwinkeleienaars! Hoe gaan hulle weet? Party swanger dametjies is mos so klein dit lyk kompleet of hulle net ’n gholfballetjie saamdra. Wat as ’n poppie van 150kg ingewaggel kom wat lewenslank al swanger lyk? Een van daai’s wat haar “maternity”-rokke se planne by die munisipaliteit laat goedkeur.

Dik Daan vertel juis hoe hy anderdag vir ’n vriendin van sy dogter gevra het wanneer die groot dag dan nou is, net om tot sy skok te hoor dat die kleinding al drie maande oud is. Eishh!

Ná verlede week se vertellinge oor die ooms wat so mooi kon bid, ’n laaste aanhangseltjie.

Ou Willem se pa het dié aand mooi gebid vir die meisie wat Willem die naweek huis toe gebring het. “Liewe Vader, ons het U al baie van Hannie vertel maar ons is diep dankbaar dat U haar vanaand hier om ons tafel uiteindelik self in lewende lywe kan sien.”

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.