Dis lekkerder by Qunu - en die see

2011-07-21 19:35

Het Madiba nou vir jou goed gelyk op sy verjaardag!

So omring deur sy kinders, kleinkinders en met ’n kniekombersie.

As ek nou hy is, bly ek ook sommer net daar in die skoon, vars Oos-Kaapse plaaslug. Wie wil dan nou in Houghton tussen die struikrowers en diewe bly as jy in Qunu jou dae kan slyt?

Daar in Februarie 1990 in my vorige lewe was ek die aand daar in Tuynhuys toe Madiba gehoor het hy word vrygelaat.

Op my vraag wat hy eerste wou doen, was sy antwoord daar, weg van ander ore, dat hy dadelik Qunu toe wil gaan. Nodeloos om te sê dat hy met almal wat sy lewe vir hom gereël het, eers weke later daar uitgekom het.

Ja-nee, tant Winnie maak ook deesdae seker dat sy nie een partytjie daar saam met die vergrote familie mis nie. Sy wurm haar so daar neffens die Groot Gryse in dat tant Grassie nie eens die foto’s haal nie.

Nee kyk, daai’s nou vir jou ’n antie met ’n “attitude” soos die Ingelse sal sê!

Ek wil darem sê ek en my ou maters het Maandagoggend presies om 08:05 op die witgerypte grasperk voor die Uniegebou daar neffens generaal Louis Botha en sy perd aangetree om Madiba se verjaardaglied te sing.

Ons moes heelnaweek leer aan die woorde, want dit kom nie vanself nie. Oom Kas sê hy dink daai “Utata thina siyakuthanda Unguthata wethu” wat ons uit volle borste gesing het, beteken: “ Liewe Tata, mag u brandstof die volgende jaar hou en u beeste vet word in die valleie.” Of so iets.

Daarna het ons uitmekaargespat om ons 67 minute se gemeenskapsdiens te gaan doen en toe het ons by die Bosveller ordentlik Madibadag gaan vier met skaapstertjies en ’n heildrankie of twee.

Oom Kas, Neef Bartel en Dik Daan het besluit om vir hul 67 minute te gaan help om die vliegtuig waarmee die Bokke hulle noodlanding op O.R.Tamboud gemaak het, skoon te maak maar ek kon ongelukkig nie saamgaan nie. My ander helftetjie het daai oggend vir my 134 minute se gemeenskapsdiens in en om die huis uitgedink.

Met dié dat daar mos nou wetgewing ingestel gaan word om drankverkope op Sondae te verbied, het ons besluit om voortaan maar op die Sabbat ’n bietjie terug te hou en eerder Maandae ietsie te geniet. Dik Daan sê hy het selfs daaraan gedink om heeltemal op te hou wyn drink maar toe dink hy weer só daaraan:

“Ek voel soms skaam as ek ’n wyntjie of twee geniet, maar dan kyk ek in die glas en ek dink aan die groen wingerde en al die werkers en al hulle hoop en drome. En dan dink ek, as ek nie hierdie wyn drink nie, kan hulle dalk hul werk verloor en kan al hul drome verpletter word. Dan sê ek vir myself, dis beter dat ek die wyn drink eerder as dat ek selfsugtig is en net aan my eie lewer dink.”

As ek van die Sondagwette hoor, gaan my gedagtes terug na die dae toe als op die Sabbat toe was en ’n vrou nie soveel as ’n knoop mag aangewerk het voor kerk nie.

My pa se ou maat, Oom Japie, vat mos een jaar daar in die sestigs sy mense na die polisie-oord by Port Vetword aan die Suidkus.

Hulle kom die Saterdagmiddag daar aan, maar Oom Japie het gehoor dis die tyd van die dag wat haaie Transvalers vir aandete soek, so niemand mag dit in die waters waag nie.

Sondag is swem natuurlik totaal verbode en op die helder sonskyn-Maandagoggend kommandeer Oom Japie almal op na die Geloftefees in Port Seepsteen. En nee, hulle mag nie swem nie, want Geloftedag is mos ook Sondag. Dinsdag reën dit heeldag mistroostig en kan hulle net Monopoly en vreetkaart speel en kerrievis eet. Woensdag het Oom Japie gereël dat hulle na die akwarium in Durban gaan, maar verdwaal hulle so dat hulle in Matubatuba eindig en eers ná donker terug is in Port Vetword.

Donderdag is weer helder sonskyn en is hul heeldag op die strand, maar staar hulle heeldag verlangend na die groot blou dam en mag hulle nie voet in die water sit nie, want die haainette word reggemaak. Vrydagoggend net na agt is hulle uiteindelik almal op volspoed die groot waters in maar teen halftien het die bloublasies hulle so gelooi dat hulle nooit weer die see wil sien nie.

Ja, en Saterdagoggend moet hulle vroeg ry, want dis Sondagoggend nagmaal in Wonderboom-Suid se NG kerk. Ja dankie, dominee, dit was baie lekker by die see!

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.