Daai sensor werk dalk net in beboude gebiede

2012-01-26 22:50

GELUKKIG het iemand daar van bo af ons darem per koerant, mikstok en posduif gewaarsku oor die nuwe jaar se snaakse weerstoestande, want ons mag mos nie meer mekáár waarsku nie.

Jy mag net so skalks loer wanneer jou buurman begin ark bou. Haai siestog, en behalwe dat die arme Lampopo op ’n bankrotveiling verkoop gaan word, spoel hy toe nog weg Maarpoetoe toe!

Nee kyk, toe ek sien die lugmag begin die seekoeie en krokodille ook “airlift”, toe weet ek sommer dis ’n lelike ding!

Neef Bartel vertel van ’n ou wat hy ken wat laasweek ’n erf vir halfprys by Blydepoort gekoop het. Sy enigste moeilikheid is dat die erf nou by Olifantskamp in die Kruger-Willetuin is (maar, soos Oom Kas sê, dit kan mos nie rêrig ’n probleem wees nie).

Intussen het die dieseldampe nog nie gaan lê oor onse president wat met drie vliegtuie afgesit het na die VN toe nie. Hierdie week het hy darem blykbaar weer drie lande met een enkele vliegtuig besoek. Dik Daan reken dis baie onregverdig dat die prez so gekritiseer word, want as hy sy hele familie én skoonfamilie moet saamvat en nog ’n lyfwag of twee, is drie vliegtuie mos nie te veel nie. “Soos dit is, dink ek in elk geval dis hoekom ons baas meer as een vrou het. Die ander is net daar om sy hoofvrou te ‘shadow’ indien sy dalk langs die pad gaan staan. En die grommers en die brommers moet sommer ook ophou grom en brom oor die nuwe vliegdekskip wat die staat nou wil aanskaf. Hulle moet maar net met daai ding in die regte rigting vaar, dan kan die Stinkwazi mos sommer met ’n Ventertjie vol gereedskap in die see of in die Vaaldam land vir herstelwerk, of hoe?”

In ’n week waarin ek beleef het hoe vier (ja vier!) Japanse bakkies en viertrekke helder oordag by ’n begrafnis gesteel is, lees ek dat Japanse wetenskaplikes nou ’n druksensor-oppervlak ontwerp wat mens se boude in jou voertuig kan identifiseer om te keer dat iemand hom steel.

’n Mens wonder net wat maak daai sensor as jy en jou ryding nog die een oomblik soos boude was en jy gaan dan met vakansie en tel so vyf of ses kilo’s op. Gaan hy nog dink julle twee is so dik soos diewe of gaan hy eerder dink jy’s ’n dik dief en begin skree?

Dik Daan, wat maar baie wantrouig oor die ou sakie is, reken daai sensor sal in elk geval waarskynlik net in beboude gebiede werk.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.