Annelie Botes

Skole waar integriteit ’n hoofvak is

2011-12-12 22:18

VERLEDE Donderdag berig Die Burger Oos-Kaap oor Mary May en haar vriendinne wat pousebroodjies voorsien vir die dunmaagkinders van die Laerskool Tjaart van der Walt in Port Elizabeth.

Duidelik onthou ek September 2010 toe ek gasspreker was by ’n tee wat dié skool aangebied het.

Maande tevore toe hulle my kontak, het ek gesê ek sal dit doen teen ’n afslagfooi, beslis nie gratis nie. Dadelik sê Zelda du Toit, die hoof se vrou, dis reg. Maande later, toe die funksie nader kom, besef ek wáár die skool geleë is.

Armste armes. Nogtans wou ek in my inhaligheid nie die fooi wegwuif nie.

Drie dae voor die funksie kom die gryse van die werk af met ’n wit mandjie.

Hy sê ’n kollega se vrou hou skool by Tjaart van der Walt en die skool stuur die mandjie.

Suspisieus maak ek dit oop. Het al nare stelle afgetrap met gehawende confettimandjies vol junk. Muf biltong, tjoklits vol wit skif wat na motballe smaak.

Dan kry ek nie my fooi nie, want hulle hét mos ’n geskenk gegee. Maar dié wit mandjie is anders.

Toegevou in wit sneespapier is twee kershouers met spieëlteëltjies, gegeurde wit kerse, ’n roetekaart en parkeerpermit. En ’n aangrypende brief van die hoof, meneer Eugene du Toit, om te sê dankie dat ek bereid is om teen ’n afslagfooi op te tree.

Ek tjank en kontak Zelda om te sê ek is uitgeboul deur hul goodwill en weier om ’n fooi te vat. Ons is albei in trane.

Daardie Saterdag beleef ek ’n juweel in die hart van skreiende armoede. Keurigheid en etiket par excellence.

Wat my altyd sal bybly, is die toestand agter die verhooggordyne.

Die spreekwoord sê: bo blink, onder stink. Menige keer het ek al by hoogaangeskrewe plekke opgetree, dan is dit morsig agter die gordyne. Daardie dag aanskou ek die skoonste agterverhoog van my loopbaan.

Van-die-vloer-af-eet-skoon.

Die personeel van Laerskool Tjaart van der Walt verdien ’n kroon. So ook alle arm skole in ons land waar trots nog tel.

Die kinders aldaar is bevoorreg, omdat integriteit ’n hoofvak is. En omdat hulle wáre onderwysers as leermeesters het.

Dankie Eugene en Zelda du Toit. Dankie Mary May.

En dank onse God alom.

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.