Redder op die rug van jakkals

2010-07-26 22:12

Daar is baie dinge in die lewe wat my mesmeraais. Een daarvan is ’n klein kind met ’n ratse, kleurryke verbeelding. Dan het ek boonop ’n manier om so ’n kind aan te hits deur saam te speel as hy sy opmaakstories uitryg. Ek beduie, slaan my hand oor my mond, gee uitroepe van verbasing. En die kind kleur al hoe dikker in, terwyl ek my verlekker in die vergesogte skeppinge – asof alles die reine waarheid is.

By ons Patmos-gemeente is ’n seuntjie met ’n verbeeldingsvermoë wat hom die Himalajas kan laat beskryf, al het hy nog nooit van die Himalajas gehoor nie. Dis nou die nimlike vyfjarige Martin. Omtrent elke Sondag maak hy ’n draai by die orrel tydens die voorspel. Skuif selfversekerd langs my in op die orrelbank en fluister agter sy hand dat hy net gou kom hoor hoe gaan dit vandag met my.

Elke Sondag het hy ’n nuwe weergawe van hoe die orrelregisters en -pype en voetnote nou eintlik werk. Sy blonde koppie werk oortyd, gewis.

Ek luister na al sy storie-tapisserieë van hy omtrent vier was, alhoewel hy destyds volgens hom sewe was. Aan die begin van ons verbintenis het ek g’n benul gehad wie sy ouers is nie. Volgens hom is sy ma iemand wat tafel dek, beddens opmaak, koskook en met kliënte op die telefoon praat. Watse kliënte? vra ek.

Nee, en hy gooi sy handpalms hulpeloos boontoe, sommer net kliënte.

Sy pa is ’n ambulansman. Juis die vorige aand het sy pa se klere aan die brand geslaan terwyl hy die mense weggedra het by ’n groot ongeluk tussen ’n bus en ’n trein. Toe demonstreer hy in die kerkpaadjie hoe sy pa, toe al die mense van die hele trein en die hele bus weggedra is, op die grond gerol het om die vlamme aan sy klere te blus.

So oortuigend en met soveel oorgawe en detail, dat ek daardie oggend glads wag vir die dominee om vir die verbrande man se redding te bid.

Teetyd hoor ek by die koster, Frikkie Steenkamp, Martin se ma is ’n rekenmeester en sy pa ’n prokureur.

Die volgende Sondag kom Martin by die orrel aan met gesperde oë, verskrikking op sy gesig.

Sy pa wou ’n vissie gaan vang, want sy ma wou ’n vissie bak vir aandete, en toe kom daar ’n verskriklike brander, hoër as twee kerke, en slaan sy pa van die rotse af. Hierdie keer glo ek hom waaragtig, want sy mond is eintlik droog soos hy vertel van die reddingshelikopter wat sy pa uit die see gehaal het.

Hoe vreeslik hy gebloei het soos die branders hom teen die rotse geslaan het. Die haaie het die bloed geruik en nader geswem; toe moes hulle vinnig ’n seeredder met toue laat afsak, en hom in ’n harnas ophys. Nou lê hy bewusteloos in die hospitaal met pypies in sy neus. ’n Mens kan net sy oë sien, want hy is heeltemal toegedraai in verbande. Alles, net omdat sy ma ’n vissie wou bak.

“Martin, in watter hospitaal lê jou pa?”

“Wag,” en hy kry die lyftaal van ’n grysaard, “laat ek die oumense by die kerktrap gaan ophelp. Netnou val hulle . . .”

Só verluister ek my Sondae aan sy stotterlose stories. Laas Sondag tydens die agterna-tee vertel hy van die meisie-pappegaai wat vyf eiers onder ’n bos by ’n muur gelê het. “Dis swáár om ’n eier te lê, en sy moes výf eiers lê.”

Terwyl die seuntjie-pappegaai kos soek, kom staan ’n jakkals op sy agterpote by die muur om te kyk waar kan hy ’n eier steel. Woeps! spring hy oor die muur, reguit nes toe.

Gelukkig sit Martin op die muur en sien alles gebeur. Hy spring met ’n boog tot op die jakkals se rug om hom te keer.

“En toe, Martin? Hoe ver hardloop die jakkals toe met jou?”

“Net ’n klein entjie, want toe kom die polisiehelikopter daar aan. Wag, ek moet koppies bymekaarmaak . . .”

Hy snol buitetoe.

Die aand sien ek op televisie van Michel Fourniret, ’n reeksmoordenaar wat talle maagdelike meisietjies gemartel en vermoor het.

Hulle wys ’n swart-en-wit foto van ’n engelmooie seuntjie.

En ek wonder wát gebeur dat party kinders as redders op jakkalse se rûe ry en ander pen lewendige liewensheersbesies met koppiespelde op karton vas.

Ag, Here, had ek maar geweet.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 119,900.00

CHEVROLET

ORLANDO 1.8LS
2011
R 239,994.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.9 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2008
R 155,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.