Loflied vir die rondekophuisdiere

2011-08-08 20:07

Die eerste lentebotsels is uit en hier trek ons al wéér by Vrouedag. Elkeen wat leef en beef, besing die lof van die vrou. Niks fout met dié lied nie. Maar dis al jare dat ek wens vir ’n Mannedag. Sodat daar op die markpleine vir hulle ook ’n loflied gesing kan word.

Laat ons nimmer vergeet: Net soos wat ’n man ’n verdomde satan kan wees, net so kan hy ’n spierrewit engel ook wees. Dieselfde kontras is waar van vroue, maar niemand staan op die markplein en bulder ’n lied uit oor die jakkalsstreke en agteraf maniertjies van vroue nie.

Nee, die vrou en haar deugde word uit die agterkeel besing.

Daarteenoor is dit ten ene male die wêreld se gewoonte om die man se swaktes uit te basuin, sommer so in die bondel in.

Húlle sit mos die tronke en kroeë vol. Hulle is seksbehep en selfbehep. Gewelddadig, harteloos, baasspelerig. Suip tot die nete op hulle koppe bars; te hel met die kinders se skoolgeld. Die aarde sal glo binne ’n week vergaan as alle vroue eensklaps verdwyn. En wat nog alles.

Waar, miskien. Maar ons kort ’n Mannedag waarop daar in arenas byeengekom kan word om die deugde van die man te besing.

Kyk, ek wil nie die konsternasie op die aarde aanskou as alle mans eensklaps verdwyn nie. Soos my vriendin van Jeffreys sê: Wat sou ek tog maak sonder my ou rondekophuisdier wat die spoor van ’n mens trap?

Op ’n keer lees ek dat die grootste versugting van vroue regoor die wêreld is: Help my, en hóór my.

Mans se grootste versugting is glo: Hou op om my te kritiseer. En hou óp met kerm.

Die vrou se versugtinge kan ek beaam.

Jimmele weet, ek raak betjoins in my kop as die gryse hom doof-onnooslik hou. En allerhande dingesverskonings uitryg oor waarom hy ná weke se pleit nog stééds nie die paar sakke kompos wat ek só nodig het, gekry het nie.

Of kan hy nie sien hoe ellendig ek sukkel met die tekort aan kragproppe in die kombuis nie, en met die motorsleutel wat nie na behore werk nie?

Hóór hy nie my nood nie? Hóékom help hy my nie?

Terselfdertyd kan ek my indink hoe tandeknersend mans soms moet wees met ons vrouens se standhoudende stroom van kritiek en gekerm. Is waar wat Salomo in Spreuke kwytraak: Die gekyf van ’n vrou is soos die gedrup uit ’n dak wat lek. Selfs Simson se verdraagsaamheid met die lyflike Delila was naderhand dungeskaaf. Rigters 16 sê: So het sy dae lank by hom geneul en hom lastig geval. Hy het so ongeduldig geraak dat hy kon sterf.

Een aand by ’n funksie kom ’n man na my toe, en in doodse erns versoek hy dat ek asseblief ’n rubriek moet skryf oor vrouens wat hulle mans by die supermark in die tou laat staan terwyl sy gou teruggaan vir blaarslaai of broodrolletjies. Dan staan en staan hy. Die tou krimp; sy kom nie aan nie. Ten laaste, nadat hy vyf maal die toustaners agter hom laat verbykom het, daag sy met ’n stroopsoete gesig op met ’n trollie goed. Sonder enige konsiderasie vir sy lyding.

Hy sê sy gemoed kan dit nie hanteer nie.

Die gryse se ertjie is as ek op ’n Saterdagoggend begin sanik oor die vertreurigde toestand van sy klere. Hy wil glo versmoor as ek eers begin kyf oor hoeveel gate hy in sy klere brand en die inkkolle op sy hempsak. Hoe deurgeskif die gatkant van sy kakiebroek is. Skoene wat kwansuis lyk of hulle uit die kerk se barmhartigheidsboks kom. Ons moet op slag winkels toe vir nuwe klere. Juis nóú, wyl hy op die Saterdag mik om waenhuis reg te pak. Dan vergeet ek van klere en begin kerm oor sy waenhuis wat soos die Arlington-tip lyk.

Tien minute voordat die rugby begin, val dit my by die tamatiestoele moet vasgebind word, anders gaan iedere stoel voor skemer onderstebo lê.

En, seg hy, laat hy waag om sy misnoeë te wys, dan kry ek so ’n dun stemmetjie op my en wil oombliklik vergadering hou om die gee-en-neem in ’n huwelik volledig te bespreek. Inmiddels is ál wat hy wil doen om sy rugby in vrede te kyk.

Straks moet ons vroumense vanjaar op Vrouedag nadink oor die regverdigheid van ons ewige kritiek en gekerm. Want ons góéie ou rondekophuisdiere kry swaar daaronder, gewis.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.