Happy-pille nodig vir brose mense

2011-10-10 22:20

SYNDE ’n hartstogtelike mens wat myself die tragedies van die lewe maklik aantrek, het leef nog altyd vir my met moeite gekom.

Selfs as onse Teunsie-kat ’n lemoenduifie vang, is ek dae lank bedroef.

Dit beteken nie ek swerf aldag met ’n hanggesig in die doodsdale rond nie. Lag en blymoedigheid is ook deel van my emosionele grafiek. Maar blymoedigheid word met ’n ander koorspen gemeet as die worsteltye wat my so neerdruk teen die grond. Dis nou maar eenmaal hoe die mense gemaak is. Vol oppe en awwe.

Ek is nie ’n Bybel-ekspert nie, maar selfs Jesus het gehuil toe Hy hoor Lasarus is dood. En Hy was woedend oor die ontheiliging van die tempel en het geldwisselaars en duiweverkopers se tafels omgekeer en hulle met ’n sweep uitgejaag.

Hoe sal ons weet hoe bang en verlate Hy vir veertig dae in Get-semane was? En wat deur Hom gegaan het toe Hy aan die kruis uitroep: My God, my God, waarom het U My verlaat?

Gemoedskommelinge is deel van die mens se psige. Ek kan nie verstaan hoekom mense altyd so dêm hard probeer om iemand wat tydelik in ’n afwaartse spiraal is, met alle mag boontoe te trek nie. Los hom, hy sal self weer sy blymoedigheid terugvind.

Hóé die mens in sy donkertye probeer oorleef, is egter ’n perd van ’n ander kleur. Vele mense volg die roete van vergrype wat veronderstel is om die pyn stiller te maak. Pille, kooplus, drank, ooreet, oorwerk en vele tydverwyle wat té is, word hulle coping mechanisms. Of dan in mooi Afrikaans: oorlewingstegnieke.

Om ’n slegte stuk pad te oorleef en heelhuids by die verste punt van die donker tonnel uit te stap, is almal se strewe. Myne ook. Met die jare saam het ek egter uit dure ondervinding geleer daar is verskeie maniere van oorleef. Wanneer mens in jou nood jou oorlewingstegnieke kies, moet jy vooruitdink oor waar jou keuses jou gaan heenlei.

As ek heeldag voor die televisie sit en eet, gaan ek stoel, en dommerig word. As ek knaend in die winkels boer en my pyn met koop-koop probeer sus, gaan ek in die skuld beland.

Selfde ding as ek my neerwerp by die casino se slotmasjiene en dobbeltafels.

Drank en pille is rampspoedig.

Om almal rondom my te blameer, gaan my niks anders besorg nie, as verwerping.

Om heeldag in ander mense se ore te sanik oor al my smarte, gaan my medemense van my laat wegskram.

Daarom lê die vuurproef daarin om selfs in die donker tye wanneer jou kop stram dink, bewus te wees van die moontlike gevolge van elke oorlewingstegniek wat jy kies.

Ek werk my tot kort duskant ’n miltbreuk met huis skoonmaak. Die uiteinde is ’n ordelike, trotse huis.

Of ek breek my rug in die tuin en gaan by kwekerye woes tekere met my beursie. Maar die resultaat is ’n feetjiemooi tuin wat deur besoekers geprys word.

Al sien ek hart en siel daarteen op, begrawe ek my in naaldwerk, slaapkouse brei, koekies bak. Dit laat die dralende ure van ’n bewolkte gemoed vinniger omvlieg, en aan die einde kan ek opbouend werkies van my hande wys.

Of ek mors kosbare tyd met die oorpynlike ordening van administratiewe take. Tóg bring dit my eventueel groot bedaring om te weet ek hoef na geen dokument, kwitansie of waarborg te soek nie.

Somtyds staan ek voor die stoof tot my voete opswel, al is dit die allerlaaste plek waar ek lus is om te staan. Bloot omdat ek waaragtig nie weet waar anders om te staan op my twee lamme bene nie. Dan maak ek pasteie en bredies vir die vrieskas. Teësinnig, grommelrig. Wanneer die tyd van blymoedigheid weer aanbreek, is dit helend om klaarkos te hê op woelige dae.

Mense verwar dikwels my pogings tot die kweek van reddende lewenstegnieke met “talente”. Dis g’n talente nie; dis my happy-pille. As ek dáárdie lewegewende happy-pille nie in sukkeltye in my keel afdwing nie, is ek oortuig my emosionele knieë sal weldra onder my knak.

Brose mense wat ons is, moet ons jaloers waghou oor die oorlewings-tegnieke wat ons kies terwyl ons op die sinkplaatpad reis. Besluit na watter bestemming dit lei. Sodat ons ná veertig dae sonder onnodige taksboetes by ons eie Getsemane kan uitstap.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.