Ergste moontlike straf vir dronkryer

2011-10-31 22:42

TOE ek verlede week lees van ’n dronkbestuurder wat in die voordagure vyf drawwers doodgery het, wou die bloed in my are stol. Nogal met ’n motor wat sweerlik ’n miljoen rand of meer kos.

Lae-lae bliksem. Vermoedelik heelnag gefuif. Toe heel blasé en doodsveragtend agter die stuur ingeskuif. Vyf lewens daarmee heen.

Ver meer betrokkenes as net dié vyf families wat blind geslaan is deur hartseer. ’n Wye sirkel van geliefdes en afhanklikes wie se lewens waarskynlik ontwortel is.

Alles so onnodig. Alles omdat een godskreiend-skandelike mens nie ’n naelbreedte se respek gehad het vir ’n ander se kaart en transport op die lewe nie. Net die gedagte dat dit my man of broer of kind kon gewees het wie se papgestampte liggaam ek moes gaan uitken, en moes begrawe, wil my tot raserny dryf.

Die dronkbestuurder behoort niks minder as lewenslange tronkstraf te kry nie, sonder die kans op parool.

Want iemand in wie se karakter en psige dit ingebed is dat hy die reg het tot doodsuip en doodry, moet permanent verwyder word uit die samelewing. Selfs lewenslank is ’n sagte straf.

Behalwe dat hy ’n string lewens verrinneweer het, gaan hy vervolgens tot die einde van sy dae in die tronk rondlê. Televisie kyk. Slaap. In die son sit. Spyskaartkos eet. Studeer.

Weeklikse sakgeld kry vir die tronksnoepie. Gratis sielkundige hulp, medies, regskoste. Hy hoef nóóit weer te werk nie. Dit alles en meer op die koste van die belastingbetaler.

Wragtig, ek weet nie hoekom belastinggeld op sulke gedrogte verkwis hoef te word nie. Daardie geld kan honderdvoudig maal beter gebruik word deur ’n ouerlose, huislose kind ’n kans op ’n horison te gee.

Sodoende word nóg ’n potensiële toekomslose opgelig uit sy haglikheid, en ’n kans gegee om ’n waardige en dienende burger van ons land te wees.

Ek wonder of dit ’n daadwerklike verskil in ons honger land sou maak as misdadigers ’n doodsvrees vir die tronk kon hê. Dit moet ’n plek wees waar alle voorregte ylgesaai is, waar werk en nogmaals werk jou voorland is. Sweetwerk. Eeltwerk. Rugbreekwerk.

’n Ingekerkerde lewe waar jy met gebrek aan vryheid betáál vir jou wandade. Dan kan al die belastinggeld wat spandeer word om tronkvoëls te trakteer op luukses wat hulle as hul reg toe-eien, eerder gebruik word om skole en kinderhawens en bejaardesentrums te bou.

As ek ’n raaiskoot vat, wil ek glo daar word meer per dag spandeer aan ’n tronkvoël, as aan ’n gestremde kind. Dit roep ten hemele.

Dalk is ek verkeerd, maar die rol wat alkohol-beneweldheid speel in misdaad, kan nooit onderskat word nie. Eweveel het drankmisbruik ’n aandeel aan die agteruitgang van gesinne wat alreeds krepeer van ellende. Alte dikwels kan rampsaligheid teruggespoor word na drank.

Dis soos die sondes van die vaders wat toegereken word tot in die derde en vierde geslag. Dit slaan my dronk dat die regering nie ’n nimmereindigende veldtog begin teen enigiets wat naastenby soos drankmisbruik lyk nie.

Sou mens op ’n verbode plek rook, is daar iemand gereed om jou te bespring.

Sou mens op ’n verbode plek parkeer, sit die kaartjie aanstons onder jou ruitveër. Betaal jy nie jou belasting nie, word jy aangekeer. Steek jy die spoedgrens oor, sal jy dit proe.

Maar by restaurante, sport- en nagklubs, drankwinkels en kroeë is niemand wat waghond speel nie.

Gods water moet maar oor Gods akker loop; hopelik haal die gesuipte bliksem die huis sonder skade. As hy dan in sy dronkenskap vyf mense doodry, nou ja, dan is dit nou maar eenmaal hoe dit is. Just too bad.

Elke vesel in my vóél vir die vyf mense wat vroegdag met goeie bedoelings gaan draf het. Ek kan my skaars indink in die gebrokenheid van hul naasbestaandes.

Verdomp, dis nié just too bad nie. As één hartelose man nie die wet van naasteliefde geminag het nie, sou daardie gesinne vanaand saam aan tafel kon sit.

Ek hoop die stelsel sorg dat daardie moordenaar vir goed weggebêre word.

En ek hoop die wetmakers se oë gaan pieringgroot oop vir die hartbrekende rampspoed wat deur drank gesaai word.

NEEM KENNIS: Volksblad se kommentaarfunksie word vir 'n onbepaalde tyd gesluit. Lewer kommentaar deur 'n brief te e-pos aan web@volksblad.com. U kan ook gebruik maak van ons profiele op die sosiale netwerke Facebook en Twitter.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.