Erbarming met draadlose breine

2011-10-17 22:33

SO onlangs soos een geslag terug het my ma-hulle staatgemaak op die handsentrale as dié kommunikasiestelsel.

’n Telegram was die vinnigste manier om ’n geskrewe boodskap by ’n verre bestemming af te lewer.

Toe ek in 1975 in matriek was, had niemand ’n sakrekenaar nie. Te onbekombaar en duur.

Ons het ons wiskundevraestelle met langdeelsomme in die kantlyn uitgewerk. Om sin, cos en tan te bereken het ons logaritmeboekies gebruik. Die gryse sê hy was ’n ekspert met die rekenliniaal, of rekenlat, soos dit ook genoem is.

En hier sit ek nou met wireless connection. Wi-Fi.

Draadlose verbinding. Hoe sê ’n mens dit in Afrikaans?

Of ek dit wil erken of nie, die tegnologie het vir my ore aangesit. My grootwordjare op ’n plaas in die Kammanassie het ook min bygedra om my vertroud te maak met nuwighede.

Tot ’n bankoutomaat is nog vir my ’n jitterasie; selfs ’n lekkergoed-en-koeldrankmasjien.

Die onlangse toppunt van my tegnologiese imbesielagtigheid het vroeër vanjaar by Nanaga se padstalletjie gebeur. Juis daardie tyd kuier ons Nasti-kind hier uit Engeland en ons ry die Sondag Nanaga toe vir pasteie.

Om die kleedkamerdeur te laat oopgaan, moet mens ’n R1-muntstuk ingooi.

Tussen ons drie delf ons één muntstuk uit. Ek karring by die muntgleufie tot die sweet op my voorkop uitslaan, maar die muntstuk steek vas.

En my oumensblaas is in opstand.

Kos my teruggaan en sê Nasti moet kom help. “Ma is wragtig gullible,” sê sy met ’n fyn laggie en beduie dat ek die muntstuk op algeheel die verkeerde plek probeer inforseer het.

My selfoon is omtrent vyf jaar oud en kan nie prentjies aflaai en internetdinge doen nie, maar ek klou aan daardie foontjie asof dit my aorta is.

Want met Jobsgeduld het ek oor ‘n lang tyd geleer hoe om my foontjie te verstaan. Nou is ek vertroud en druk nie per ongeluk knoppies wat die ding op Japannees oorskakel nie.

Op alles wat heilig is, ek wil nie van voor af leer nie.

Laasweek sit my jonge vriend, Jaco Rademeyer, hier by onse geelhouttafel en ons drink koffie. Ek kyk en kyk hoe rol hy sy selfoon op en af, heen-en-weer, en bid dat ek nooit só een sal hê nie.

Te gekompliseerd vir my Kammanassiebrein.

Is lankal dat ek ’n skandeerder het, maar ek het g’n idee hoe om dit te gebruik nie. As ek hoor van fax-to-email, draai my derms.

Elke jaar as ek begin met die Ontvanger se e-filing, is my senuwees uitgefraiing. Wanneer ek einde laaste die submit-knoppie druk, is ek ’n trotse wrak. Ons oumense is nie onnooslik nie; net bevrees. Dat iets ons sal byt of ’n skok toedien. Dat iets sal breek; dat ons gekke van ons sal maak.

Twee weke terug het ek ’n koordlose foon gekry. Kos konsentrasie om te bel, want daar is baie knoppies waarvan ek nie kop of dinges uitmaak nie.

Ek verbeel my mos ek kan nêrens anders as by my lessenaar daarmee praat nie. Hoe om die gevaarte van die mik te haal, sodat ek in vrede kan slaap, is duister.

Ek het al vir Simon Stickells van nr. 60 laat kom om sy ou-antie te help met Facebook, want ek ploeter soos ’n blindemol.  “Maar jy moet stadig wys, Simoontjie...”

“Dis báie maklik,” en hy kliek-kliek terwyl ek wind hap.

Is maar dieselfde met jong mense, net omgekeerd.

Hulle weet weer nie hoe om ’n doekpoeding te maak nie. Brood en vetkoek kan hulle net bak as hulle klaargekniede deeg koop. Langdeel in hul kop, selfs op papier, is uit die oude doos. Maaltafels is nie juis iets wat hulle in hulle slaap kan opsê nie.

Menige jong mens traak min of hy skryf munisipaliteit/mieniesiepalieteit/minisupalityt.

Solank hulle verstaan word, is dit reg.

Hulle kan nie padkos inpak soos die ou mense nie; hoenderboudjies en frikkadelle, hard-gekookte eiers. Van lap en stop, boererate, koeksisters vleg en volkspele doen, praat ek nie eens nie. Van ’n kar-enjin deins hulle weg, want daar ís mos garages wat ’n selfde-dag-joppie doen.

Ag wat, solank ons erbarming het met mekaar se beperkinge en mekaar help met die gleuwe vir die R1-muntstukke, is die wêreld ’n gawe plek.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.