Elkeen se eie twisappeltjies

2011-11-14 22:35

’n E-pos-kennis vra vir my wat is die kwessies wat my snags laat rondrol. Sy reken my lewe lyk so sorgloos en beskermd; daar kan sekerlik min wees waaroor ek wakkerlê.

Verkeerd. Ons almal lê van tyd tot tyd wakker met hindernisse wat ons vreet. Of langsaam knaag. My hindernisse is nie gróót goed nie, maar ’n vrag kleineres wat my somtyds in ’n swart put dompel. Dit ontstaan omdat ek faal om vrede te maak met my swak lewenskeuses.

Is maklik om te praat van selfvergifnis, maar die brein is ’n absorberende spons wat nooit vergeet nie. Ondanks my pogings om daardie keusefoute dood te leef, bly hulle by my spook.

As ek dink aan die talle male toe ek derduisende rande óp was by ’n blackjack-tafel, en dit minagtend teruggeploeg het, wil ek my varkies verloor. Wat van die kere toe ek die gryse soos die runderpes behandel het?

Ek pes myself as ek eet tot ek opblaas. Telkens belowe ek myself dis die lááste keer; dan doen ek dit weer. Ek ril oor al die foute wat ek met my kinders gemaak het. Wanneer ek my huis verwaarloos en afskeepkos voorsit, raak my siel krom. Sodra my administrasie agterstallig is, verander ek in ’n knorrende rottweiler.

Nugter weet hoekom, maar dis altyd vir die Ontvanger wat ek knor. Oom Adam Grootvloek van Willowmore het gesê daar’s goeters waarvan nie eens die Here of jou vrou weet nie, maar die Ontvanger weet álles.

Soms voel ek noodgedrewe om in ou briewe en memoires te grawe. Of na my poppe uit my kinderjare te kyk. Dan rou ek. Pleks ek die spulle wegsmyt. Maar op ’n manier troos die snuisterytjies my dat ek ’n geskiedenis het.

Een van my slegte nukke is om in tye van kwelling nié te wil bad nie. As ek eers saans sê: môreoggend sal ek bad, en môreoggend sê ek: vanaand sal ek bad, kan ek maar weet my snare hang pap. Dié aanwendsel het my altyd gegru, totdat ek iewers in my dwalinge uitgevind het waar dit vandaankom.

As kind het my ma my Sondagaande geskrop, naels geknip, ore uitgegrawe; my plaashakskene met samboksalf ingevryf, sodat ek Maandae skoon by die koshuis aankom.

My renons in bad kom uit doeriejare. Wanneer Juffrou Kapp met die Krismismot-bril my by die koshuis skrop, spoel sy my ma se huiswater en huisseep en my ma se aanraking af. Dan loop iets van my ma by die propgaatjie uit.

Tot vandag dwaal ek soms rond oor klein beproewinge; maak myself wys dis die berg Ararat wat ek moet klim. Diepnag klim ek in die bad. Om myself te red van myself, as dit enigsins sin maak. Só het elkeen sy eie twisappeltjies en naglopery. Inderwaarheid is die lewe geen gewigtige kwessie nie. Dis die geskiedenis van hóé elkeen tot hier gekom het wat maak dat die lewe soms gewigtig raak. Laat dit jou nie kwel nie. Dis maar hoe die lewe werk.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.