Annelie Botes

Die kerk is niemand se lappop nie

2012-01-30 21:44

DIS altyd tragies as die onderskeie kerke so onder mekaar baklei. Die samelewing is reeds so verward en soekend; ’n ba­kleiery onder kerkleiers dra geen aks by om die samelewing ’n rustiger en liefdevoller plek te maak nie. Dit veroorsaak eerder dat mense wegloop van die kerk af.

Al is derduisende mense nie meer kerk­gangers nie, bly die kerk ’n moeder in ons midde. Maar ek is nie oortuig dat ons, die kinders van die kerk, ons bes probeer om goeie kinders vir die ou moeder te wees nie.

Dit laat my dink aan ’n kennis wat bedags haar kleindogter Hannah oppas.

Een oggend blaai sy en Hannah deur ’n tydskrif en ontdek ’n naaldwerkpatroon vir ’n lappop. Hannah soen die prentjie en pleit by Ouma om vir haar ook ’n lappop te maak.

Kort voor lank stik Ouma aan Hannah se begeerde lappop. Kwalik is die lappop klaar, of Hannah wil in alle erns speel.

Maar Ouma sê: “Hannah, speel nou vanoggend soet met jou boeke en legkaarte, dan maak Ouma gou vir jou kind ’n rok en broekie. Kom ons draai solank jou kind toe in een van jou popkomberse.”

Hannah speel huis-huis daar by Ouma in die naaldwerkkamer.

Sit kruisbeen op die rusbank en lees vir die lappop Sneeuwitjie; maak kamma-tee in die pienk teestelletjie. Ouma stik eenstryk, want sy moet regmaak vir die leeskring wat die aand daar vergader. Op ’n kol sien sy uit die hoek van haar oog ’n wilde woelery op die bank. Toe sy omkyk, is Hannah besig om die pop te ruk en te skud. Gee die pop ’n dwarsklap en ’n opstopper op die krop.

“Agge nee, Hannah, jy kan mos nie jou nuwe pop so. . .”

“Dis háár skuld, Ouma, sý’t eerste begin skoor soek!”

Ek wis nie wie soek skoor met wie in die kerkwêreld nie. Maar die ringkoppe moet die vyfde gebod onthou: Eer jou vader en jou moeder.

Dis een ding om te baklei vir die behoud van ons ou kerkmoeder se waardes en waardigheid. En ’n ander ding om die brose moeder rond te pluk in ’n magspel waarin daar ’n wenner móét wees.

Ons, die kerkkinders, moet haar oppas en eer terwyl ons kan, want as sy sterf en ’n eensame begrafnis het, sal daar ’n verlatenheid op hierdie aarde toesak.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.