Annelie Botes

Die ding met Adriaan se sakboekie

2012-01-16 22:30

DIS verspot-maklik om voortdurend te kla oor die chaos in onse land.

Dis maklik om te sê mense moet hulle jisse oplig en iets dóén. Maar waar begin mens?

My kop sê: by die jeug. Hulle moet die waarde ken van studeer, hard werk. Respek hê vir hul omgewing, meerderes, wette en gesagstrukture. Kanse raaksien en vasgryp.

Maar daardie droom is amper soos om ’n psalm op te gee wat nie bestaan nie.

Tog gebeur daar soms iets wat my hoop laat flikker. Soos die ding met Adriaan.

Laas week bars ons warmwatergeiser. In ’n japtrap is die loodgieter hier om te red wat verlore is. Die geiser is in die dak op die boonste vloer, en om daarby uit te kom, moet ’n opening in die dry wall gesny word.

Twee manne ry om materiaal te kry vir die onbeplande operasie. Die derde, Adriaan, ’n jeugdige bruin man, bly agter.

Omdat dit naby brekfistyd is, soek ek hom om te hoor of hy wil koffie hê.

Ek kry hom waar hy rug teen die buitekant van die tuinmuur in die skadu sit, ’n dik sakboekie op sy skoot. Toe-oë, mompelend. Dadelik dink ek hy’s ge-Tik.

“Adriaan?” Hy maak sy oë oop, sprei sy hande beskermend oor die sakboekie.

“Wat’s fout? Wil jy koffie hê?”

Só sal dit uitkom dat hy in elke aftydjie deur die werksdag besig is om die Koran te leer.

“Ek is baie devoted, Mevrou, ek try my bes...”

Aangeraak gaan haal ek my hardeband naslaan-Koran en sit dit in sy hande.

“Sal jy asseblief my Koran seën, Adriaan?”

Hy druk die boek teen sy maer bors; prewel toe-oë. Vryf oor die groen blad met sy verrinneweerde jongmenshand. Toe weet ek dat ek nie so toegewyd in my geloof is soos hy nie.

Hy het nie daar gaan sit met sy Korantjie om gesien te word nie, maar omdat hy wóú.

’n Devoted jongmens wat sy bes try. Nou wonder ek oor die Koran wat doods op my boekrak staan. Bybels, afgestorwe boeke, stapels tydskrifte. Dis ’n sonde dat ek daaraan klou.

As almal ophou klou en meehelp dat ons jeug léés, synde wat, is ’n goeie wending mos onvermydelik.

Vashou, Adriaan. Jou devotedness sal jou na ’n goeie bestemming lei.

As almal maak soos jy, sal onse land ’n mooi psalm sing.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.