Annelie Botes

Daar is geen agterosse in die bondel nie

2012-01-02 21:11

DIE vakansie het skaars begin, en dis amper weer tyd vir die skole om te begin.

Die meeste kinders skuif flink die nuwe jaar in. Ander sukkel hulle tot vrekwordens om by te bly met die akademiese uitdagings.

Ongeag uit watter sielkundige hoek ’n mens dit bekyk, dit moet ongetwyfeld vir ’n kind traumaties wees om altyd in die agteros-bondel van die klas te swerf. Vandag wil ek waag om vir alle kinders, ook vir dié wat smalend neerkyk op die sogenaamde agteros-bondel, te sê daar bestaan nie iets soos ’n agteros-bondel nie.

Waar akademiese pretasies die een se sterkte is, is geduld en volharding die ander s’n.

Later in die lewe, wanneer prysuitdelings en Cravenweek-rugby nie meer ’n punt tel nie, tel geduld en vasbytvermoë báie punte.

Tot aan die einde van jou lewe.

Dekades terug, toe ek so 15 was, het ek ’n Engelse boyfriend gehad op Uniondale. Karel Stone. Daar was weinig Engelse mense op die dorp en hy het my betower omdat hy Engels was.

Boonop was sy ma ’n Hollander en die gesin kon vlot Hollands praat. Hul uitheemsheid het my gefassineer. Maar Karel was in die agteros-bondel, só het ek geglo.

Só sit ons eendag in pouse op die biblioteektrappe in die son. Ná pouse skryf ons ’n geskiedenistoets oor die Franse Revolusie.

Karel se kennis van die Franse Revolusie is beroerd en ek probeer die feite in sy Engelse kop inhamer. Daar is een kortvraag wat ek doodseker is ons sal kry, en ek besluit om minstens dit in sy kop in te dril.

Op watter datum was dit Bastille-dag? Die 14de Julie kry hy gememoriseer, maar telkens ontglip die jaartal, 1789, hom.

Ek verduidelik: elke geskiedenisdatum wat óns op skool leer, se jaartal begin met 1. En dan kom 789. Oor en oor, 789, 789...

Toe die klok lui, is die datum vasgelê in sy Engels-Hollandse kop: 14 Julie 1789.

Wragtig, in die toets skryf hy die datum as 14 Julie 789, sonder die 1.

Sedertdien gaan ’n 14 Julie nie verby sonder herinneringe aan Karel Stone en die dag op die biblioteektrap nie.

Met skaamte.

Want op Facebook sien ek hy is ’n litograaf wat die ingewikkelde kuns van steendrukkery bemeester het.

Dom? Beslis nie.

Waarskynlik net doeriejare verward deur die praat van drie tale, en omdat hy ’n Engelse kind in ’n Afrikaanse Karooskool was.

Die verste wat ék kon vorder, is om agter my ou bruin lessenaar te sit en stories uitdink.

So, kinders, moenie minderwaardig voel as julle ietwat sukkel met die akademie nie.

Die lewe is groter as dít. Hou net aan om te probeer. As jy wil, sál jy ’n bestemming bereik waar jy vooros sal wees.

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.