Kaapstad

Saterdag

Sunny. Mild.

13°C
18°C

7 day forecasts

Waar is ANC se stem van rede in dié verval?

2010-03-10 22:43

Waar is die ANC se stem van rede? Waar is senior regeringsleiers wat opstaan om getel te word vir wat reg is? Wat kan help om ons jong demokrasie in die regte rigting te laat ontwikkel by hierdie kruispad waar ons vasval?

Waar is die teenwigte vir me. Winnie Madikizela-Mandela en die ANC-jeugleier Julius Malema wat rasse-polarisering aanblaas? Luidens ’n berig in die Sowetan met die opskrif “Malema on a racist tirade” het hy gevra dat wit mense geskiet moet word en hulle beskuldig dat hulle verkragters is.

Malema het studente by die Universiteit van Johannesburg gelei in ’n lied: “Skiet die boere, hulle is verkragters.”

Wat doen die ANC teen dié haatspraak wat die land baie vinnig in ’n vernietigende afwaartse spiraal kan aftrek?

Hoekom is daardie stemme in die ANC stil wat van beter behoort te weet in dié kritieke stadium terwyl die morele verlamming rondom pres. Jacob Zuma ’n al hoe gevaarliker en potensieel onbestendige lugleegte skep?

Die land strompel al hoe meer van een negatiwiteit na die ander. As dié stilswye van wat die behoudende middelgrond in die land behoort te wees voortduur, kan dit dalk te laat wees teen die tyd dat eindelik wakkergeskrik word om dié gevaarlike afwaartse spiraal te probeer stuit.

Ja, daar is ’n Zwelinzima Vavi, wat in die Malema-idioom sê hy sal sy lewe neerlê om te keer dat Suid-Afrika ’n roofdier-staat word, maar waar is die ANC-ringkoppe en -swaargewigte se stemme?

Winnie se tirade teen oudpres. Nelson Mandela wat in 1994 ’n “slegte ooreenkoms” vir swartes sou gesluit het en die uitskel van emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu as ’n “idioot” wat dit durf waag het om haar voor die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) te daag, is simptomaties van ’n gevaarlike aanslag.

Dit val saam met Malema se jongste opsweping van emosies.

Hy het by die Universiteit van Johannesburg Peter Mokaba se strydlied “Kill the boer, kill the farmer” laat herleef.

En ’n beroep op swart joernaliste gedoen om “geledere te sluit” en nie krities oor swart leiers te wees nie. Hy het ook verkleinerende verwysings na wittes in die media, die opposisie en in die sakewêreld gemaak, berig The Star.

“Ek moet nooit oorgee aan hierdie Mickey Muise. Ek moet voortveg,” het hy gesê met verwysing na die R140 miljoen se tenders aan maatskappye wat met hom verbind word.

Dis ’n jammerlike skouspel dat hierdie “Mickey Muis” in terme van die soort swaargewig-leierskap wat Suid-Afrika nodig het om ’n suksesland te wees, toegelaat word om dié skrikbewind te voer waarmee hy besig is.

Die ANC-leiers het geswyg toe hy aan die voorpunt was om te dreig om dood te maak as Zuma se pad na die presidensie deur ’n hof gekelder sou word.

Dié party het nie net vir homself ’n lat gepluk nie, maar vir demokrasie in Suid-Afrika deur hoe toegelaat is dat Zuma en Malema sake in die verkeerde rigting dikteer.

As ’n Winnie en ’n Julius nou die ware stemme van die ANC ná net sestien jaar van demokrasie verteenwoordig, is ’n nuwe “regime” geskep waarvoor Suid-Afrikaners soos destyds met die apartheidsregime, ’n baie duur prys gaan betaal.

As daar nuwe Mandelas, Tutu’s, De Klerks en Suzmans is wat die vermoë en visie het om ’n verskil ten goede vir almal in ons kosbare jong demokrasie te maak, sal hulle baie vinnig gehoor en gesien moet word.

- Volksblad

Lewer kommentaar op dié storie


Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-17°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 7-19°C Morning clouds. Refreshingly cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Electrical Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Electrical Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Cost Engineer/ Estimator

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES

C180 K Classic MY07 AT
2007
R 209,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 TDi Comfortline Dsl
2004
R 94,995.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 Plus 5-dr
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KALK BAY

House R 13 000 000

MOSTERTSDRIFT

House R 16 000 000

SCHOONGEZICHT

House R 1 900 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
  • top-profiel

  • top-gebeurtenis

  • top-galery

  • top-video