Verander nóú die kerkkultuur

2012-02-03 21:55

DIE woelinge in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika hou waarskynlik verband met die politieke, ekonomiese en kulturele oorgangstyd wat ons beleef.

Ons ly veral aan die sterwe van volksgodsdiens (“civil religion”) waarin die Christelike lewenswyse met Westerse kultuurpatrone vereenselwig is.

Uit hoofstroomkerke, wat die swaarste getref word, meen leiers soos Anthony B. Robinson dat juis dié sterwe ons van selfvoldaanheid kan red.

Robinson pleit in Transforming Con­gregational Culture nie om enkele aanpassings nie (byvoorbeeld nuwe kerkliedere), maar ’n diepgaande kultuurverandering deur die herontdekking van ons identiteit en roeping:)Die bestaansrede vir die kerk is in die era van volksgodsdiens beskou as die verskaffing van ’n godsdienstige basis en wette aan die samelewing, hulp-verlening en sosialisering.

Ons moet weer ontdek dat ons ’n gemeenskap is wat heelmaking van God ontvang om die mense te kan wees wat God vir hierdie tyd nodig het.)Eredienste was in die era van volksgodsdiens ingerig om op ’n intellektuele wyse oor God te reflekteer (“information”).

Ons moet nou eerder ruimte skep dat God se Gees ons deur verhale en ontmoetings in ons hele menswees kan verander (“formation”).)Die bestuur van gemeentes het in die volksgodsdiens-era op demokratiese wyse plaasgevind om veral ouer lidmate met aansien en geld tevrede te hou.

Ons moet nou eerder in prosesse van onderskeiding fyn luister na dit wat werklik saakmaak. )Goeie gemeenteleiers is in die volksgodsdiens beskou as diegene wat op priesterlik-vertroostende wyse antwoorde oor alles kon gee.

Ons moet nou eerder staatmaak op leiers wat op profetiese wyse “Godsvrae” rig: Wat gaan aan? Waarom bestaan ons? Wat vra God vanjaar van ons? – André van Niekerk

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.