Staat hof toe gevat oor grense

2012-01-24 22:19

DIE regering se beloftes, ooreenkomste en voornemens om die Vrystaatse boere aan die grens met Lesotho te beskerm, het op min uitgeloop.

Gister is berig dat die grensheining wat as deel van ’n ooreenkoms met Vrystaat Landbou (VL) opgerig is, feitlik oornag deur stropers vernietig is.

Dié ooreenkoms is in Junie 2010 deur ’n hofbevel bekragtig, en het ook voorsiening gemaak daarvoor dat die grenspad herstel sal word en dat die polisie die grens sou patrolleer. Uiteindelik sou die weermag op 1 April verlede jaar die patrollies by die polisie oorneem.

Van die grenspad van 487 km is nog net 50 km herstel. Die heining is wel opgerig, maar boere beweer die feit dat die heining nie bewaak word nie, is die rede waarom dit beskadig is. Boere beweer dat daar verlede jaar laas soldate gesien is wat die grens patrolleer.

VL het nou ’n hofaansoek ingedien waarin gevra word dat die regering aan minagting van die hof skuldig bevind word omdat hy sy pligte aan die grens versuim en nie die hofbevel nagekom het nie.

Die integriteit van die grens met Lesotho en die veiligheid van die boere daar is duidelik ’n groot dilemma vir die regering. Ongelukkig word die indruk gewek dat die beveiliging van hierdie gebied nie van wesenlike belang vir die regeerders van die land is nie.

Nietemin is dit ’n groot dilemma, en reeds in November verlede jaar het die staatsdepartemente wat verantwoordelik is vir die beveiliging van Suid-Afrika se landsgrense in die parlement erken hulle kom nie die mas op nie.

Daar is 5000 km se grensdrade in die land wat patrolleer en beskerm moet word, en teen einde verlede jaar was daar nog net 1050 soldate ontplooi om hierdie taak te verrig.

’n Verdere probleem is ’n tekort aan geld om grensdrade te herstel en noodsaaklike toerusting aan te koop om die grense te beveilig. Die nasionale tesourie het reeds aangedui dat die geldkrane toegedraai is weens die heersende ekonomiese toestande.

Gegewe die tempo waarteen geld op bedenklike wyse deur staatsdepartemente verkwis word, sal ’n mens verstaan dat die boere van daardie gebied nie hierdie verskoning sal aanvaar nie.

Die regering se geldmorsery bring mee dat die staat nie sy dure grondwetlike verpligtinge teenoor sy onderdane kan nakom nie.

Dit sal goed wees as die hof die regeerders in die bek ruk hieroor.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.