Sake kon anders uitdraai vir held

2012-01-25 22:33

DIE polisie moet wet en orde handhaaf en ’n veilige omgewing skep, sê die Grondwet.

Op Ladybrand is sers. Moeketsi Motete die naweek man-alleen na ’n grensplaas wat deur drie gewapende mans uit Lesotho betree is en waar ’n plaasaanval gedreig het.

Op die oog af beskou, is Motete ’n held.

Twee van die skurke is danksy hom agter tralies. Die derde het weggekom.

Hieroor kan die vinger nie na Motete gewys word nie. Hy was een polisieman teen drie gewapende skurke.

Motete het ’n vuurwapen by die skurke gekry. Net soos die een waarmee misdadigers uit Lesotho onlangs mnr. Sean Schutte (36) op ’n nabygeleë plaas vermoor en sy broer Louis (33) gewond het.

Kyk ’n mens wyer na dié gebeure die naweek op die plaas De Hart, is dit ’n riller.

Motete is nie man-alleen na die plaas omdat hy ’n Rambo is nie. Weens die voortslepende mannekrag-tekort in die polisie, was daar nie ’n enkele kollega om saam met hom te gaan nie.

Dít nadat die geskorste polisiehoof, genl. Bheki Cele, verlede jaar in die Oos-Vrystaat met groot fanfare ’n nuwe landelike veiligheidsplan aangekondig het met “baie hulpbronne, beter toerusting en voertuie en selfs helikopters, want geen polisielid mag meer doodgaan met ’n vuurwapen in sy of haar hand nie”.

Van dié plan het nog bitter min gekom. Ook nie van talle ander beloftes op die misdaadgeteisterde grens nie.

Dit laat mens ook wonder oor die slagspreuk van die Nasionale Polisiedag: Squeezing crime to zero through Human Capital Investment...

Die kaarte kon die naweek anders geval het vir Motete en die mense wat hy moes beskerm, omdat hy een polisieman teen drie gewapende skurke was.

Nóg ’n polisieman en nóg ’n boer kon gesterf het.

Wat sou die polisie en regering se trooswoorde en verskonings aan nog ’n gebroke familie of families gewees het?

Die Grondwet sê ook die polisie moet alles voorkom wat die veiligheid van mense bedreig.

Maar polisielede se lewe word deur ’n mannekragtekort en leë beloftes bedreig.

En daarmee saam ook die lewe van die mense wat beskerm moet word.

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.