Onbeholpe SA leer harde les

2012-02-01 23:01

DIE skop in die tande wat Suid-Afrika pas by die Afrika-Unie (AU) in Addis Abeba gekry het, is ’n ontnugterende les vir die Zuma-regering: “Jy oorskat jou rol in en namens Afrika.”

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma verduur vandag die pyn van persoonlike vernedering ná ’n ondeurdagte en lomp veldtog deur Suid-Afrika om bestuursbeheer oor die AU te kry.

Suid-Afrika het die perke van sy invloed oorskry en die grootste sonde in Afrika gepleeg. Hy het mag buite die Afrika-kollektief nagestreef.

Die ANC-regering het ook nou in die oë van Afrika te lank rente getrek op sy statuur as die “Reënboognasie”.

Meer as 25 lidlande het die eerste keer in die AU se tienjarige bestaan besluit dat Suid-Afrika lank genoeg op sy eie golf van post-apartheidglorie gery het. Dlamini-Zuma moes die hou vat.

In die proses het die AU ook ’n hele paar mites verwoes.

Die eerste is dat Afrika ’n eenheid sou wees. Die vasteland is kultureel en ideologies divers.

Arabiese Noord-Afrika is nie Afrika suid van die Sahara nie. Libië, Tunisië en Egipte het dit herbevestig.

Wes-Afrika is Afrika se nuwe ekonomiese dinamo wat munt slaan uit die tanende aantreklikheid (in veral Westerse oë) van Suider-Afrika.

Die mite dat Suid-Afrika sy demokratiese wonderwerk na die res van Afrika sou kon oorplaas, is deur hierdie land se onbeholpe buitelandse beleid ongedaan gemaak.

Daarvan getuig die Zuma-regering se rampspoedige betrokkenheid in Kenia, die Ivoorkus, Libië en potensieel vanjaar nog in Zimbabwe.

Na dese sal die Zuma-regering moet herbesin oor sy plek in Afrika se politieke landskap.

Afrika aanvaar eenvoudig nie meer Suid-Afrika se “supermoondheid”-status op die vasteland nie.

Trouens, dit het ’n steen des aanstoots geword en bedreig Suid-Afrika se aansien in Afrika én die wêreld.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.