Moenie Fitch se vermaning minag

2012-01-18 22:36

DAAR moet fyn gekyk word na die verskillende reaksies op die kredietgraderingsagentskap Fitch se besluit die naweek om sy vooruitsig op die gradering van Suid-Afrika se staatskuld van stabiel na negatief af te skaal.

Die nasionale tesourie wil hê Fitch se afskaling moet gesien word in die lig van die ekonomiese krisis in Europa, Suid-Afrika se grootste handelsvennoot, waar ’n ander kredietgraderingsagentskap – Standard & Poor’s – ook pas ’n paar Europese lande se kredietgraderings verlaag het.

Die boodskap is dus iets soos: Moenie julle te veel steur daaraan nie, almal word oor dieselfde kam geskeer en ons het hier nog alles mooi onder beheer.

Die redes vir Fitch se besluit stem egter nogal ooreen met die redes wat sy eweknie Moody’s genoem het toe hy ’n soortgelyke vooruitsig-afgradering van Suid-Afrika se staatskuld in November gedoen het.

Fitch wys op die strukturele uitdagings in die ekonomie, soos hoë werkloosheid en groeiende druk op die staatsfinansies, asook die debat oor nasionalisering.

Die rol van kredietgraderingsagentskappe is om ’n ekonomie se koors te meet en vir beleggers ’n aanduiding te gee van hoe riskant ’n belegging in ’n land se staatseffekte kan wees.

Vir leners is dit ’n sein van hoeveel rente hulle sal moet betaal as hulle groot geld op die internasionale geldmarkte wil leen.

Hoe swakker ’n gradering dus, hoe meer gaan beleggers neus optrek en hoe duurder raak lenings.

Fitch en Moody’s het weliswaar nog net die vooruitsigte op die graderings aangepas en nie die graderings self nie.

Maar dit sal die regering baat om nie die jongste seine selftevrede van die tafel te vee nie.

Die realiteit is dat meer as 50% van die land se begroting deur staatsdienssalarisse en welsynstoelaes opgeslurp word, wat min beweegruimte laat as ’n tweede resessie toeslaan.

Alle oë is op die nasionale begroting in Februarie om te kyk of die regering wel ag slaan op waarskuwings soos dié.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.